Die formele roostuin
102 tuisOktober 2017
lesertuin
1
2
34
5
6
8
7
Geel en appelkoos-
kleurige rose
Pienk rose
Rooi rose
1 Graspaadjies omraam die
formele roostuin en verdeel
dit in kwadrante.
2 Fontein
3 ân Ry plaveistene rond die
graspaadjies af.
4 ân Lae heining van
buksbome (Buxus âFaulknerâ)
baken die vier kwadrante af.
5 Die blou blomme van
weduweetrane (dÆÄÄÄÆÄÄŶÆÄ
virginiana) verskaf kontras.
6 Heuningblommetjies
(>ŽÄƵůÄÆÅÄŵÄÆÅÆŵÄ) groei
tussen die rose.
7 Plaveistene om op te loop
8 Obeliske met âBlossom
Magicâ-rankrose
Die uitleg van die formele roostuin
Waar die formele roostuin vandag is was
voorheen ân ou kleitennisbaan. Dit is
omgeploeg waarna baie kompos ingewerk is.
âOns het gedink dis ân goeie plek vir die
roostuin want rose hou mos van kleigrondâ
gesels Barrie. Die roostuin is in vier kwadrante
verdeel wat met graspaadjies verbind word. In
die middel is ân groot fontein as fokuspunt.
âSkaal en proporsie is belangrik wanneer jy ân
fokuspunt kies. Sy grootte moet pas by die
plek waar dit staan.â
Elke kwadrant omraam met netjies
gesnoeide heinings van Buxus âFaulkerâ is
met plaveistene in drie verdeel. In die derde
naaste aan die fontein is rooi rose geplant. In
die middelste derde is die kleur versag met
skakerings van pienk terwyl geel en appel-
kooskleurige rose die buitenste derde vul.
Al die blokke het floribunda-rose aan die
buitekant en hibried-teerose in die middel vir
hoogte. Saam met die rose in elke omheinde
kwadrant groei groepe weduweetrane met hul
oorvloed blou blomme en ân mat van wit
heuningblommetjies (Lobularia maritima).
Om haar rose so geil te laat blom gee
Barrie hulle twee keer per week suiwer
bergwater; sy strooi ook ân deklaag van ou
lusern oor die grond en volg ân spuitprogram.
Wanneer sy rose plant voeg sy Mycoroot
by; dit voed die grond en verbeter wortel-
funksie. Verder bemes sy die roosbome elke
ses weke en kry dit twee keer ân seisoen
tuisgemaakte kompos.
âEk ken nie al die rose in die roostuin se
name nie want oor die jare het ek al soveel
vervang en ongelukkig nie die etikette gehou
nie! Maar ek het my gunstelinge: âRoberto
Capucciâ âMolineuxâ French Panarosa-
kultivars en âThe Princeâ ân pragtige en
geurige David Austin-roos.â