Tuis. 10

(Tuis.) #1

Oktober 2017 tuis 105


Julep-ment
Gebruik soet julep-ment vir vars
geur by mengeldrankies.

Kweek dit soPlant in vrugbare grond in
volson tot gedeeltelike skadu. Hou die
grond klam en pluk gereeld of knyp die
punte af om bosagtige groei aan te
moedig. Kies ’n sonnige beskutte plek of
plant dit in ’n pot om die winter te oorleef.
Verskeie soorteJulep-ment het ’n
vrugtige geur omdat dit ’n kruising is
tussen groenment en tuinment. Ander
vrugtige mente sluit appelment
pynappelment eau-de-cologne-ment
(sitrusgeur) en gemmerment in.
Pynappelment het groen blare met room
spatsels wat dit ’n goeie keuse maak as
grondbedekker in ’n blom- of kruietuin.
Wenk van die maandPlant julep-ment as
’n metgesel vir tamaties en skorsie in die
somer; die aromatiese blare sal plae van
die groente af weghou.
Algemene problemeMent is geneig om
roes of botritis op te doen as die grond
nie goed dreineer nie. In tuine met swaar
grond sal dit beter vaar in ’n pot.
Gebruike Julep-ment is ideaal vir
somerdrankies in ’n strelende tee om
spysvertering aan te help ná ’n ryk ete en
vir geur in vrugtige nageregte.

Krui van die maand


Somerkleur
Haal plante uit wat verby hul fleur is en vul dié
kaal kolle met somer-beddingplante – só sal jou
tuin heelsomer vol pragtige kleure wees.
Plant hulle tussen meerjariges en bolle in
rotstuine in groepe vir die beste visuele trefkrag
en in potte vensterbakke en hangmandjies.
As jy blomme soek wat strawwe hitte kan
hanteer en ’n beddingrand houer of hang-
mandjie sal verfraai is Vincas en afrikaners die
antwoord.
Ysterkruid kan ’n lae spreidende of ’n meer
regop groeiwyse hê. Albei is geskik vir warm
droë kolle as afronding langs paadjies teen
skuinstes en in beddings plantbakke en
hangmandjies.
Salie (Salvia splendens) kom in skakerings
van room salm pienk wynrooi laventel en
pers en lyk besonder mooi in breë stroke
in ’n blombedding. Dit vaar ook goed in
houers.

Doendinge dié maand ...


Nuut in


die kwekery


Salvia nemorosa‘New Dimension’ is ’n
nuwe lid van die salie-familie. Dis
netjiese kompakte plante (25 cm hoog
en 15 cm wyd) met spits stele waarop
massas diepblou of pienk blommetjies
dig teenmekaar sit. Dié salie se intense
kleure maak dit gewild in Brittanje.
Dis geskik vir klein tuine of massa-
aanplantings in groter areas en vaar
ook goed in ’n houer. Dit blom van die
lente tot die herfs en sal jaar ná jaar ’n
pragtige vertoning lewer.


Lekker koel!
Julep-mentdrankie
1 koppie julep-mentblare • 2 koppies
warm water • 250 ml vrugtekonsentraat


  • 500 ml sodawater • 500 ml gemmerlim
    Giet kookwater oor die blare en laat dit
    sowat 15 minute trek. Gooi die tee deur
    ’n sif en voeg dit by die vrugtekonsen-
    traat sodawater en gemmerlim in ’n
    ponsbak. Voeg ’n paar suurlemoenskywe
    vars blare en ys by.


Vinca

Salvia nemorosa


  • Plant somerblommende bolle soos
    dahlias pynappelblomme (Eucomis)
    swaardlelies (Gladiolus) Galtonia Tigridia
    en knolplante.

  • Dis Borskankerbewustheidsmaand. Plant
    daarom pienk rose soos ‘Tuis’ ‘People’s
    Princess’ ‘Perfume Passion’ ‘Babette’ en
    ‘Bewitched’ of meerjariges soos engel-
    vlerkies Phlox paniculata Diascia en pienk
    madeliefies om jou te herinner aan almal
    wat deur die siekte geraak is.

  • Berei jou tuin voor vir die somerhitte en
    keer verdamping uit die grond deur ’n dik
    deklaag rondom plante te strooi. Dit hou die
    grond koel en versmoor onkruid wat met
    jou plante meeding om water en voeding-


stowwe. Oorweeg ’n kerfmasjien sodat jy jou
tuinafval in deklaagmateriaal kan omskep.


  • Los jou gras effens langer as gewoonlik
    om te keer dat die wortels in warm weer
    uitdroog.

  • Hoe dieper ’n plant se wortels hoe dieper
    moet water die grond indring om dit te
    bereik. Maak ’n vlak kom rondom nuut
    geplante bome en struike sodat water daar
    kan opdam en stadig na die wortels
    deursyfer.

  • Rankplante groei dié tyd van die jaar met
    mening. Verwyder enige stele wat in die
    verkeerde rigting groei ryg enige los stele
    deur die struktuur en steek die plant vas
    om wind- of stormskade te voorkom.
    KONTAK healthyliving-herbs.co.za >>

Free download pdf