Tuis. 10

(Tuis.) #1

106 tuis Oktober 2017


Kenjou


Kenjou


indringers


waterwys


plante


Elkemaandwysons’nplantwatas’nindringerverklaaris;
kykuitvirhulleinjoutuinenbuurt.

Onswysvannouafookelkemaand’nplant
watmetminwaterkanklaarkom.

Kokedama
’n Kokedama is ’n mosbal wat rondom die
wortelbal van ’n huisplant gepak word waarna
tou rondom die mosbal gedraai word om alles
bymekaar te hou. Dis geïnspireer deur ’n
antieke Japanse kunsvorm en is ’n natuurlike
manier om huisplante uit te stal. Jy kry twee
soorte; een wat soos ’n mandjie opgehang kan
word en een met ’n plastiekvoering waarin jy
die potplant kan druk en iewers neersit. Plante
wat goeie kokedamas maak sluit varings
vredeslelies knolbegonias en orgideë in.
Versorging Wanneer die bal uitdroog of ’n
effens ligter kleur kry is dit tyd vir natmaak.
Doop hangende kokedamas halfpad in ’n
emmer water totdat dit swaar voel haal uit en
laat lê dit in die kombuiswasbak om te dreineer
voor jy dit weer ophang.
KONTAK plantimex.co.za

Geelklokkies

Foto


Getty Images


Huisplant van die maand


Geelklokkies(Tecoma stans) is ’n digte
blaarryke immergroen ornamentele struik
of klein boom wat tot 4 m hoog kan groei.
Die getande blare is heldergroen aan die
bokant en bleker aan die onderkant.
Tussen Oktober en Mei verskyn treffende
heldergeel trompetvormige blomme en
daarna volg blink bruin peule van 12–20 cm
lank wat later oopbars en papieragtige
gevleuelde saad vrystel. Dié plant is ’n groot
probleem in die Oos-Kaap KwaZulu-Natal

Mpumalanga Gauteng en Limpopo.
Indringerstatus
Geelklokkies is ’n Kategorie 1b-indringer
wat beteken jy moet dit van jou eiendom
verwyder om vervolging vry te spring.
Hoekom is dit problematies?
Dit ding mee met inheemse spesies en kan
dit verdring. Dit kan droë warm graslande
inneem en die weiding vir mak en wilde
diere verminder.
KONTAKinvasives.org.za

Die spekboom (Portulacaria afra) is ’n geharde immergroen struik met
vetplantagtige blare en mooi rooi stele. Daar is laag groeiende en regop
variëteite. Die vleesagtige blare behou water wat die plant droogte- en
brandbestand maak. As die pienk blomme verskyn lok dit insekte wat
op hul beurt insekvretende voëls lok. Dis nuttig in droë tuine as ’n
skerm of heining en kan as ’n bonsai gekweek word. In onlangse
studies is daar ook bevind dat dit groot hoeveelhede koolstof kan berg.

Nasionale
Onkruiduitroei-week
In dié week van 10 tot 15
Oktober word tuiniers
aangemoedig om alle
indringerplante in hul tuin te
verwyder en te vervang met
inheemse plante.

Spekboom

Phalaenopsis-orgidee

^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂ[email protected].
Free download pdf