Tuis. 10

(Tuis.) #1
Ontbeende
lamsnek met kruie en
suurlemoen
Karusaf verskaffers van gesertifiseerde
Karoo-vleis het vir ons dié heerlike
lamsnek heelpad uit Williston in die
Noord-Kaap gestuur. Ek kon dit eenvoudig
nie weerstaan om die vleis met suurlemoen
en koljander gaar te maak nie. Die kantoor
het gesmul!

Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 2 uur
Oondtemperatuur: 160 °C


  • 800 g ontbeende lamsnek

  • 15 ml olyfolie

  • 125 ml flou groenteaftreksel

  • sap van 1 suurlemoen
    VULSEL

  • 3 takkies origanum

  • 12 vars mentblare

  • 45 ml platblaarpietersielie

  • 4 vars dadels ontpit en gekap

  • 2 knoffelhuisies fyngekap

  • 15 ml suurlemoenskil

  • 15 ml elk fyn koljander en komyn

  • 15 ml heuning

  • sowat 120 ml vars broodkrummels in
    die oond gedroog


1 Maak die vulselStroop die groen kruie
van enige growwe takkies en kap fyn. Meng
met die res van die vulselbestanddele.

Genoeg vir 6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute



  • 2 knoffelhuisies

  • 1 rooi brandrissie

  • 60 ml platblaarpietersielie

  • 3 sprietuie

  • sowat 120 ml botter sag

  • 1 groot vinkelbol

  • 1 kg klein sardiens gevlek

  • vars suurlemoensap

    • sowat 125 ml geroosterde
      broodkrummels

    • 60 ml dennepitte gerooster




1 Kap die knoffel rissie kruie en sprietuie
baie fyn en meng met die botter. Sny die
vinkel met ’n baie skerp mes of mandolien
in papierdun skyfies.
2 Smelt die helfte van die gegeurde botter
in ’n pan en braai die sardientjies in sarsies
daarin tot deurgaar. Dit neem minder as ’n
minuut as die vissies klein is. Skep uit op ’n

mooi dienbord en braai nou die vinkel in die
res van die botter tot dit begin sag word
(sowat 5 minute). Skep by die vissies. Strooi
sout en peper oor en geur goed met vars
suurlemoensap ’n paar vinkelblaartjies die
broodkrummels en die geroosterde
dennepitte. Sit dadelik voor met patatskyfies
of spaghetti.

Patat gebad in suurlemoensap heuning
enbotter is besonder lekker. Ons het
700 g klein patats geskrop en deurgesny.
Hierby is ’n klont botter en ’n skeut
olyfolie sowat 30 ml heuning sout en
peper en ’n groot opgesnyde suurlemoen
gerangskik. Bak die lotjie in ’n warm oond
teen 200 °C tot die patat goudbruin en sag
is met ’n stroperige suur sousie oraloor.

Sardientjies met vinkel en patat


Kyk uit vir vars sardyne by jou visverkoper of koop dit bevrore by jou deli. Die klein silwer
vissies se gaarmaaktyd hang af van hul grootte en hulle maak ’n baie lekker voorgereg.


112 tuis Okober 2017

Free download pdf