SA PORKPROMOSIE
30 minute voor jy gaarmaak
4 Doop elke skyf eers in die meel. Maak seker dit is
oraloor bedek voordat jy dit in die geklitste eier en
laastens in die broodkrummels doop. Hou eenkant en
herhaal met al die skywe. Sit die vleis in die yskas vir
30 minute voor jy dit braai â dit laat die eierlagie hard
word en keer dat die krummellaag afval terwyl dit
gebraai word.
Gooi dit in die pan!
5 Verhit die olie in ân pan en braai die varkskywe oor
matige hitte vir sowat 2â3 minute tot goudbruin. Draai
om en braai die ander kant ook vir sowat 2â3 minute tot
bruin. Wees versigtig vir oorgaar maak want dan is dit
droog. Sit onmiddellik voor met fyngemaakte patat en ân
sampioensous indien verkies.
Die fênsie name
Wat die Franse escalopes noem
en die Duitsers schnitzels is een
en dieselfde ding: beenlose
stukke vark- kalfs- bees- of
hoendervleis (sonder vel) wat
met ân vleishamer of rolstok in
dunner skywe gekap of gerol
en dan gekrummel en
gebraai word.
- 1 varkfilet (jy kan ook
ontbeende varknek of
selfs ontbeende varklende
gebruik) - 250 ml koekmeel
- sout en varsgemaalde
swartpeper - 2 eiers geklits
- 120 g droë
broodkrummels - gerasperde skil van
2 suurlemoene - 1 takkie vars roosmaryn
fyngekap - olie vir vlakbraai
2
Vlek elke skyf deur dit in die helfte te sny (sonder om
heeltemal deur die vleis te sny) en vou dit dan oop. Plaas die
vleis tussen twee lae plastiek of botterpapier en rol die vleis met
1 ân rolstok dunner tot sowat 1 cm. Herhaal met al die skywe.
Maak die varkfilet skoon en verwyder
enige silwer membrane. Sny die filet in skywe van 5 cm.
3
Geur die koekmeel met sout en swartpeper in
ân bord. Giet die geklitste eiers in ân vlak bak.
Geur die broodkrummels met suurlemoenskil
en gekapte roosmaryn in ân aparte
vlak bak of ân bord.
VARKSKYWE MET SUURLEMOEN
EN ROOSMARYN
Genoeg vir 4 porsies ⢠Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 4â6 minute
Deur
Sonja Jordt *
Fotoâs
Justin Patrick
Wenke
- As jy varkvleis reg gaarmaak
- nie oorgaar nie â is dit
geurig sag en sappig. - Varkfilet kan heel gaar-
gemaak word in blokkies
gesny word vir bredie of
sosaties en dit maak ook die
lekkerste schnitzels.