Tuis. 10

(Tuis.) #1

30 tuisOktober 2017


Kenjousmaak
Marianne se entoesiasme laat ’n mens wonder hoe lank dit
gaan wees voor sy die huis se palet skoonmaak en van voor af
begin ...
“In die twee en twintig jaar wat ek al in die interieurbedryf
werk moes ek leer wie ek is en waarvan ek hou anders sal ’n
mens elke derde maand iets wil oordoen. Aan die begin het ek
daarmee gesukkel maar vandag weet ek waarvan ek hou.”
Sy beskryf die huis as klassiek maar met interessante
byvoegings. “Dis vir my belangrik dat ons huis ’n ontspanne
gemaklike atmosfeer het sodat ons kinders dit kan geniet.
Hulle hoef glad nie op hul tone te wees nie; hulle kan net leef!
Elkeen se kamer het sy eie tema waarin hulle ’n sê gehad het


  • dis hul persoonlike ruimte waarin hulle gemaklik en tuis
    moet voel.”
    Sy speel graag met kleur. “In my lewe kom en gaan kleure
    soos giere kom en gaan. Op die oomblik is suurlemoengeel die
    kleur van my seisoen. Dit spreek van vreugde vrede warmte
    en liefde. Dit lyk pragtig saam met die donkergryse wat plek-
    plek as agtergrond gebruik is. Ons geel voordeur byvoorbeeld
    nooi mense vriendelik binne.
    “Ek is lief vir basiskleure soos swart donkergrys wit en
    room. Ander gunstelinge is skakerings en tinte van kersierooi
    donkerpienk saffierblou turkoois en blaargroen. Metaalkleure
    soos goud brons en silwer is ook vir my baie mooi.” >>


Die kombuis kry baie lig en is een van haar
gunstelingvertrekke. Danksy die grys-en-wit palet
kan sy gereeld spatsels kleur inbring.
Kombuiskaste geverf in Vanilla Mist van Dulux

Marianne sê sy is “vol fiem” wat vloere betref. “Ek hou
van sementvloere en Persiese tapyte. Die eenvoud en
ongekunsteldheid van sementvloere is vir my mooi in
kombinasie met helder kleure en sterk elemente soos
skilderye matte en strooikussings.”

Marianne hou van
bykomstighede met ’n
verskil. “Die glashouers is
gevul met meubel-pote. Ek
het dit op Mosselbaai by ’n
antiekwinkel raakgeloop en
kon nie help om ’n hele
sak vol te koop nie.”
Free download pdf