Tuis. 10

(Tuis.) #1
Dis in die detail
Krisjan hou daarvan om mooigoed in die kombuis uit te stal; hy
glo dit gee kuiergaste ’n kykie in jou kop. Hy wissel sy uitstallings
seisoenaal af en hou só die voorkoms vars en nuut.

Die Ellis De Luxe-stofie kom van die familieplaas van
Krisjan se lewensmaat Douw Botha op Lydenburg.
“Toe sy pa Jaap oorlede is het die stofie ’n
stadsmeisie geword. Sy werk lieflik en hou ook die
hele huis warm in die winter” vertel Krisjan.

KOMBUIS # 1


Kleur en fleur


Toe Krisjan Fourie sy Westdene-huis uit die
veertigerjare opgeknap het het hy een ding
geweet: Ingeboude kaste en ’n teëlvloer sou
nie deug in sy kombuis nie. “In my nuwe
kombuis wou ek ’n eetkamertafel hê waarby
’n skare kan aansit asook ’n klavier sodat
ons kombuisteater kon hou!” vertel Krisjan
wat kookklasse by sy huis aanbied.


Vandag beslaan dié oopplan-vertrek
’n ruim 120 m² en spog dit met ’n
kontemporêre wit epoksivloer en losstaande
retro-meubels – Krisjan beskryf die styl as
“retro-kitsch”.
Die vintage-elemente in dié vertrek wat
uitloop op die tuin het hy self oor jare
bymekaargemaak.

“Die meeste het ek by wyle Leonard
Wichtman van die destydse Bruce Tait’s
Kitsch Collectables in Kaapstad gekoop”
vertel hy.
Die geel-en-groen vintage-kas kom van ’n
tweedehandswinkel op Rosendal in die
Vrystaat. “Ek het in ’n ‘binge’ sewe kaste
daar gekoop!” >>

Oktober 2017 tuis 47

Free download pdf