Tuis. 10

(Tuis.) #1

Eilandparadys
Gaste drom gewoonlik saam rondom die
kombuiseiland. “Dis aansienlik hoër as die
gewone want ek is ’n Langjan” skerts
Krisjan. “Ek wil nie ná ek gekook het voel
asof ek wasgoed in die rivier gewas het nie!”
Die eiland dien ook as fotostasie wanneer
hy kookklasse aanbied. “Ek pak al die
bestanddele eers daarop uit vir ’n kiekie. En


as die kookwerk klaar is word die geregte
ook hier afgeneem. Verder is die eiland ’n
kuierplek tussen die werkery deur. Dit staan
op wiele sodat ons dit maklik kan rondskuif
agter die lekkerste sonkol aan.”
’n Vriend Nic Fenske van Wood-n-
Wotnots het die eiland asook die eettafel
gemaak van die huis se oorspronklike

Oregondennehout-dakkappe. “Dis ’n manier
van herwin wat die gees van die ou huis laat
voortleef” sê Krisjan.
Wat is sy raad vir ander wat ’n soortgelyke
kombuis wil skep? “Dis ’n groeiproses
waarin jy baie van jouself gaan leer. Kleur
gerus bietjie in oor die lyne en laat daai
wilde streep in jou los!” >>

Dis in die detail
Michael van Alphen van Foss Furniture het die eetkamerstoele gemaak. Dis so
ontwerp dat die rugkante kan kantel en die stoele onder die eetkamertafel kan
inskuif sodat almal tydens kookklasse by die tafel kan werk; agterna trek hulle
eenvoudig die stoele uit en sit aan.

Die skildery is deur May Wentworth;
Krisjan sê een van haar werke is ’n
moet vir “enige plek met gees”.
Free download pdf