Tuis. 10

(Tuis.) #1

54 tuis Oktober 2017


Van nuuts af
Die Van Hoogstraatens het die eiendom buite Stellenbosch in
2000 gekoop maar die huis was vervalle. Hulle het dit gesloop en
’n nuwe huis op die ou fondasies gebou. Al het hulle van nuuts af
gebou het die kombuis van sowat 40 m² nog nooit nuut gevoel nie;
dis ’n ruimte met karakter wat by die dag verder ontwikkel.
“Die kombuis moes gerieflik en prakties wees en hard werk”
vertel Melissa. “Dit moes die hart van ons huis wees waar ons
heelwat tyd wou spandeer terwyl ons saam kook eet en ontspan.”
Dit is presies wat hulle geskep het – ’n kombuis waar daar elke
dag gewerskaf word en kinders vriende familie honde en katte
welkom is.
Mark en Melissa het destyds ’n plaaslike ambagsman gevra om
die rakke aanmekaar te timmer. Die idee was nooit dat dit ’n
fokuspunt moes wees nie maar eerder ’n praktiese pakplek vir hul
breekgoed en potte. Tog maak dit vandag ’n pragtige prentjie uit.
“Ek is mal oor die gevoel van die oop rakke – die vase bottels en
breekware skep interessante kleure en teksture en alles wat ek
elke dag gebruik is sigbaar en maklik om raak te vat” vertel sy.

Oor die jare ontwikkel ’n plek ’n ingeleefde
patina wat karakter skep. – Melissa

“Ek glo jy moet jou omring met dinge waarvoor jy lief is; met rakke
soos dié kan jy elke dag daarna kyk en dit geniet. Maar sodra die
plek te vol raak pak ek ’n slag uit en gee weg. Ek wil nie goed hê
wat ek nie gebruik of nodig het nie.”
Die eiland destyds pasgemaak deur Allan Lutge Antiques and
Interiors word gebruik vir alles – van voorbereiding en opdiening tot
pakplek vir flesse vol tuisgebakte koekies.
“My kinders sit gereeld om die eiland en gesels met my terwyl ek
kook” sê Melissa. “Ons bêre ons eetgerei daar en ek is mal daaroor
om blomme en plante daarop neer te sit vir ’n bietjie tekstuur.
Partykeer eet ons ook daar. Ons huis is ontwerp om by ons leefstyl
te pas en hierdie eiland is ’n goeie voorbeeld daarvan – ons gebruik
dit vir so baie dinge.”
Haar kombuis is propvol herinneringe sê Melissa. “Ek het my
kinders hier gevoer toe hulle babas was. Nou voed ek hordes tieners
hier en dit sal altyd ’n plek wees waar ons saam lekker kos maak en
geniet en lieflike herinneringe skep vir nog baie jare vorentoe.” >>

kombuise


Dis in die detail
’n Ry blomhouers
wat gewoonlik in
rangskikkings
gebruik word
versier een muur.

[DIE AFWERKING]
Vloere Corcoleum
(’n kombinasie van
houtpoeier en hars)
Werkblaaie (kaste en
eiland) geelhout
Ligte Emalje-ligte ’n
gelukkige vonds by
’n ysterwarewinkel

Melissa se versamelings plaaslike
keramiekware (deur Gemma Orkin Mervyn
Gers Christo Giles Janice Rabie en Mud
Studio) vang die oog in die blougeverfde kas.
Free download pdf