Tuis. 10

(Tuis.) #1

60 tuis Oktober 2017


KOMBUIS # 6


Kontemporêre baadjie


Toe Johan en Amori van Jaarsveld hul geskiedkundige
huis uit die 1800’s op Graaff-Reinet begin opknap moes
die nuwe aanbouings modern wees. “Ons wou die
gemakliker meer praktiese en moderne industriële leefstyl
in die nuut aangeboude vleuel hê maar die nostalgie
behou deur middel van ou afwerkings en meubels wat by
die ou deel se boustyl pas” vertel Amori. “Ons wou ons
brood aan albei kante gebotter hê!”
As eienaar van The Windmill Junction ’n oudhede-
winkel op die dorp is Amori se eerste liefde ou meubels
en versamelgoed. Die kombuis van sowat 30 m² wat in die
nuwe vleuel geleë is spog dus met geelhoutbalke en
skuifraamvensters uit die oorspronklike kombuis. Dit was
ook vir Amori belangrik dat die kombuiskaste nie aan ’n
sekere tydperk of styl gekoppel moet wees nie maar
eerder tydloos met skoon lyne wat die ouer afwerkings
komplementeer.
Dit was vir haar belangrik dat die meubels – meestal uit
haar winkel – by die huis moes pas. Die kombinasie van
oud en nuut hou ’n spesiale soort “chemistry” vir haar in.
Jam Design van Plettenbergbaai het die kaste volgens die
Van Jaarsvelds se voorskrifte gebou deur die verskillende
teksture van hout beton en graniet sorgvuldig te
kombineer.
’n Vereiste was baie kuierplek vir die gesin en hul
kinders Nieke (5) en Jua (2) en hul vriende. Daar moes
ook genoeg pakplek en kragpunte wees en ’n ordentlike
koffiemasjien.
“Die groot eiland is beslis die middelpunt van ons
kombuis” vertel Amori. “Ek wou doelbewus nie enige
wasbakke of gasplate daarop aanbring nie sodat ons dit
meer kon benut vir eet en kuier as vir kosbereiding. Dit is
baie gesellig om die kuiergaste of familielede om die
eiland te hê terwyl hier kosgemaak word.”

[DIE AFWERKING]
Kaskleur Bovine van
Plascon
Werkblaaie Caesarstone
in Snow White
Vloere Vasgestampte
sement en gruisstof
afgewerk met ’n
sementseëlaar

Die kombuis wat
deel van die eet-en-
leefkamer uitmaak
loop gerieflik uit
op ’n kuierstoep en
braaiarea.

Dis in die detail
Die waardevolle geelhout-dakbalke dra
iets van die oorspronklike karakter van
die huis oor aan sy moderne kombuis.

Sedert ek ’n donkergrys
kombuis op Pinterest
gesien het kon ek dit nie
uit my gedagtes kry nie.


  • Amori


Metroteëls en ’n
laboratoriumwasbak dra
by tot die industriële
gevoel van die kombuis
maar is ook tydloos.
Free download pdf