Tuis. 10

(Tuis.) #1
PROJEKGIDS
Harde werk4/10
Vaardigheidsvlak3/10
Tyd nodig
Naweekprojek
Maak dit self vir
± R575
(Xanita-bord R320
skarniere R100 wiele
R120 hout R35)

1


3


1 Laai die patroon af bytuis.co.za(dis verdeel in A4-blaaie wat jy aan mekaar kan las) en druk dit uit; plak
die blaaie met die kleefband aan mekaar. Gebruik die potlood en vul enige dele op die rande van die blad
in wat nie uitgedruk het nie. Daar is twee verskillende ontwerpe: een ingewikkeld en een eenvoudig; ons
het ’n kombinasie van die twee gebruik. Hoe ingewikkelder die ontwerp hoe langer vat dit om uit te saag.

2


3 Gebruik die 8 mm-boorpunt
en boor gate in die negatiewe
ruimtes om plek te maak vir die
figuursaag se lem. >>

Wat jy nodig het


GEREEDSKAP



  • kleefband

  • potlood

  • skêr

  • maskeerband

  • deurslagpapier

  • pen

  • figuursaag

  • G-klampe

  • kombinasie-winkelhaak

  • liniaal of maatband

  • boor met 8 mm-boorpunt

  • skroewedraaier


2 Plak die patroon op een van die Xanita-bord-reghoeke vas met die maskeerband en trek die
patroon af met die deurslagpapier en balpuntpen. Skuif die deurslagpapier soos nodig namate jy
vorder. Herhaal met twee van die ander borde.WenkMerk die negatiewe ruimtes (dit wat jy
gaan uitsaag) met ’n X terwyl jy werk; jy sal dan makliker kan sien waar jy moet saag.


SO MAAK JY

Oktober 2017 tuis 69


INKOPIELYS


  • Xanita-bord van 1 220 x
    3 050 mm (in vier reghoeke van
    1 525 x 610 mm gesny)

  • vier 100 mm-T-skarniere

  • ses 30 mm-nylon-rolwiele

  • een dennehoutplank van
    22 x 44 x 18 m

  • patroon

  • houtlym

  • vier-en-twintig 3 mm x
    20 mm-skroewe

  • 100-grint-skuurpapier

Free download pdf