Tuis. 10

(Tuis.) #1

Oktober 2017 tuis 89


Die plaas Belmont in die Bedford-


distrik is sedert 1974 in die


Moolman-familie.
Dis hier waar Ria Moolman deesdae tuinmaak. Waar haar
skoonma Annetjie Moolman opgehou het het Ria net aangegaan.
Annetjie het die tuin gevestig en vir 36 jaar daarna omgesien
voor sy in 2009 dorp toe getrek het. Henry en Ria het toe Belmont
toe getrek en sedertdien is die tuin Ria se verantwoordelikheid.
“Ek is baie lief vir my skoonma. Sy het my geleer hoe ’n mens
hier ver van alles af en amper in die middel van nêrens bly. Haar
raad was: Kry iets waarmee jy jou goed kan besig hou – en dit is
presies wat my tuin doen!” gesels Ria.
Hoewel die tuin gevestig was toe sy dit oorgeneem het het Ria
haar eie stempel daarop afgedruk. Sy het die bestaande uitleg so
ver moontlik behou maar die vooraansig van die huis en dele van
die tuin was toegegroei. Dit het Ria oopgesny om meer lig in die
huis en tuin te kry want sy wou van haar voorstoep af die tuin en
die pragtige uitsig op die berge en kranse daaragter sien.
Ria het ook die grasperk vergroot ekstra paadjies van
rivierklippe gemaak en met verloop van tyd geleer watter plante
werk die beste in hul klimaat. Deesdae kweek sy baie van haar
struike van steggies en verkoop plantjies vir sakgeld.
“My tuin beteken vir my ontsettend baie. Die lekkerste daarvan
is wanneer jy ’n projek aanpak en dit volgens plan verloop – dan
kan jy terugstaan en jou handewerk beskou. En dan weet jy jou
arbeid was die moeite werd. Elke jaar is die Bedford-tuinfees vir
my ’n hoogtepunt. Dis een groot vreugde en die hele gemeenskap
vind baat daarby. Mense van heinde en ver kom besoek ons tuine
en waardeer dit saam met ons. Dis heerlik om jou harde werk met
besoekers te deel en dit motiveer my om met passie daarmee vol
te hou!” >>

Hangmandjies met petunias
beddingbegonias en baardangeliere
hang teen die sinkmuur van die
rondawel se “boskombuis” waar gaste
in die jagseisoen tuisgaan.

Free download pdf