ân Paadjie van rivierklippe (bo) kronkel tussen die bome deur. Dit
word omraam met swenkgras (Festuca-spp.) en agapante. Wanneer
die daglelies (regs) blom gee dit kleur aan die tuin.
Ria se tuinwenke
- Neem ân foto van ân nuwe bedding en neem dit saam kwekery
toe dan kan die personeel makliker help om die regte plante
voor te stel. - Lees die etikette wanneer jy plante koop. Die inligting daarop
sal jou ân aanduiding gee of dit in jou omgewing sal aard of dit
son of skaduwee verkies en wat die plant se waterbehoeftes is.
Plante is te duur om net blindelings te koop. - Plant wat by jou omgewing en die styl van jou huis pas.
Gebruik ook elemente uit jou omgewing om struktuur aan jou
tuin te gee soos die rivierklippe in ons tuin. Op dié manier
vorm jou tuin en die omgewing ân eenheid. - Maak ân behoorlike gat en berei die grond goed voor wanneer
jy plant. Hoe deegliker jou voorbereiding hoe beter sal jou
plante groei. - Moet nooit sonder ân snoeiskêr tuin toe gaan nie. Daar is altyd
iets wat jy wil afsny en as jy dit nie dadelik doen nie vergeet jy
daarvan. - Gebruik ou kraalmis verrotte blare en grassnysels wat
uitgedroog is om jou tuin te voed. Dit beskerm ook die grond en
die plante se wortels in die koue wintermaande. - Wanneer jy ân groterige struik verplant merk watter kant van
die struik in watter rigting (byvoorbeeld noord) gegroei het.
Plant dit weer met dieselfde oriëntasie â dit sal baie beter vaar. - Plant ân groot groep van dieselfde plante bymekaar veral as jy
ân groot tuin het. Dit het soveel meer impak en is makliker om
te versorg. >>