Soos die meeste plaastuine bied Eildon pragtige
uitsigte op die omgewing. Die graspaadjie
(onder en oorkant) na die formele roostuin word
omraam deur laventel en wit âIcebergâ-rose.
Sterk lyne
en tuinkamers
Die tuin het twee sentrale asse in die
vorm van lang paadjies. Die hoofas is ân
graspaadjie wat van die voordeur tot by die
formele roostuin aan die onderpunt van die
tuin strek.
ân Paadjie van plat klippe wat op die plaas
versamel is vorm die dwars-as en lei van
die hooftuinhek tot by ân houthek wat jou
nooi om uit die tuin veld toe te stap. Die
twee asse kruis mekaar op regte hoeke wat
haar formele ontwerp ondersteun.
Uit dié twee asse het Barrie verskillende
tuinkamers ontwikkel. Daar is ses elk met
ân formele ingang en ân sentrale fokuspunt.
Al die tuinkamers word omraam deur ân
geboude muur ân heining van plante of
ân struiktuin.
Die eerste tuinkamer wat sy aangepak
het is die gedeelte voor die huis â ân
grasperk met blombeddings rondom.
Daarna het die formele roostuin gevolg toe
ân parkagtige deel met ân grasperk en bome
en volgende die âOrangerieâ. Dié tuinkamer
bestaan uit twintig lemoenbome wat
simmetries in vierkante van mondogras
geplant is; dit word omraam deur ân
gepakte klipmuur. >>
Dié paadjie vorm die dwars-
as en lei van die hooftuinhek
tussen die lemoenbome deur na
ân houthek waardeur jy sommer
veld toe kan stap.