38 tuis November 2017
Blink idee!
Vir ân laag-op-laag-
effek het die paartjie
ân wit paneel teen
die donker plafon
geïnstalleer.
Die kombuis het drie dele:
- ân Eiland van 34 x 13 m staan sentraal in die oopplanvertrek wat beteken al die kombuisgereedskap is byderhand
en die gesin kan maklik maaltye saam geniet. - ân Spens agter die kombuis huisves ân kruidenierskas en elektriese toestelle. âToestelle moenie uitgestal word nieâ
sê Kowie. âDié vertrek is ook die kinders se âkombuisâ waar hulle iets kan maak om te eet of kan bak en brou. As hulle
nie behoorlik opruim nie is die bewyse ten minste nie daar vir die wêreld om te sien nieâ sê Kowie en lag. - Die skottelgoedwasser en wasbak is weggesteek in die opwaskamer agter die spens. âOmdat daar altyd skottelgoed
aan die ophoop is is dié âwegsteekplekâ ân seën!â sê sy.
[KOMBUIS]
Die kontemporêre kombuis is Kowie se trots. âEk het duisende inspirasie-fotoâs vir die res van die
huis gehad maar net een vir my kombuis!â sê sy.