November 2017 tuis 97
Klanktuin
In dié ontwerp het Neville verskeie
elemente gekombineer wat lieflik op die
oor sal val!
- Mense kan klank in ân tuin voortbring â
nie net deur hul stemme nie maar ook
wanneer hulle loop. Die gruisklippies in die
paadjie maak ân lekker knarsgeluid wanneer
jy daarop trap. - Die klank van kabbelende water het ân
wonderlik kalmerende uitwerking op ân
mens en dié stroom met sy natuurlike
voorkoms doen presies dit. Met klein vlak
uitklimplekke is dit boonop paddavriendelik!
Die klank van paddas bring snags lewe in
jou tuin en maak jou bewus van die kontras
tussen die klanke van die dag en die nag.
Grootte: 15 x 65 m
Son tot skaduwee
Neville Orsmond
van Create a Landscape
Garden Design Group
Vir ân riviertjie
het jy ân langwerpige
tuinontwerp nodig.
Bome teen die grens
sal klank van
buite verbloem.
- Neville
luister proe voel ruik & kyk tuine
Chelsea-klanktuin
1 3 4 5 6 7
8
9
10
11
12
13
2
1 Laventelboom (Heteropyxis natalensis)
2 Seweweeksvaring (Rumohra adiantiformis)
3 Skindersalie (Plectranthus verticillatus)
4 Blouheuningklokkiesbos (Freylinia tropica)
5 Vuurpyl (Kniphofia praecox)
6 Biesie (Juncus effusus)
7 Koorsboom (Vachellia xanthophloea)
8 Wildelobelia (Lobelia anceps)
9 Besembossie (Gomphostigma virgatum)
10 Aronskelk (Zantedeschia aethiopica)
11 Dekriet (Chondropetalum tectorum)
12 Dwergbiesie (Cyperus prolifer)
13 Aasbossie (Coleonema album)
[PL ANTLYS]
1
Daar is ân fontein op elke punt van die
stroom wat vir nog meer klank en ekstra
visuele effek sorg.
- Diere en voëls skep ook klank. Voëls is lief
vir laventelbome se saad â plant hulle in ân
laning al met die stroompie langs. Die dak
wat die koorsbome vorm gee die voëls ân
veilige omgewing om in te baljaar en met
sitplek daar naby kan jy nader met hulle
kennis maak! Die blouheuningklokkiesbos
lok bye wat ân ekstra klankelement in die
tuin bring. - As jy die regte plante kies sal dit bydra tot
die klankspel. Dink aan die geluid van wind
in die bome of ornamentele grasse wat ritsel
as daar ân luggie trek. - Vir ân ekstra klankelement of twee hang
Neville windklokkies in die bome en stel hy
ân vuurput in die kuierdeel voor. Wie kan
nou die geknetter van ân vuurtjie ná ân lang
dag in die kantoor weerstaan? >>
KONTAK
Neville Orsmond createalandscape.co.za
[email protected]
Paadjie van gruisklip
Windklokkies in bome
Vuurput Fontein
Voëlbadjie
Stroompie