Tuis. 07

(Tuis.) #1

100 tuis Julie 2017


sŽůŐĞŶƐtŝŝĚƌŝĐŚŚŽĞĨŬĂďĞůƐǀŝƌďĞůŝŐƟŶŐŝŶ
die tuin nie begrawe te word nie. “Onooglike
drade kan met plante en onder deklae bedek
word maar die beste plan is om die kabels
binne-in pype te begrawe om dit te beskerm
teen klammigheid en glipsies wanneer jy of
jou tuinier begin spit.
“Ons verkies om kragdrade 200 mm tot
300 mm diep te lê binne-in PVC-pyp –
dieselfde as wat elektrisiëns in jou huis

gebruik” sê hy. “Mense sal dan nie daaroor
struikel nie en dit is moeiliker om raakgespit
of selfs deur troeteldiere afgekou te word.”
Jy kan wel besproeiingspyp gebruik maar dit
is sagter en gaan nie noodwendig die tande
van ’n tuinvurk oorleef nie!
Maak altyd by jou plaaslike owerheid seker
wat die vereistes is indien enige veral met
ĚŝĞŽŽŐŽƉũŽƵĞůĞŬƚƌŝĞƐĞƐĞƌƟĮŬĂĂƚĂƐũLJ
eendag wil verkoop.

[BO OF ONDER DIE GROND]


Begin met ’n plan
Tuinbeligting val in een van twee kategorieë:
Dis óf funksioneel óf esteties.
“Funksionele ligte is ideaal vir grensmure
donker kolle en tuinpaadjies” sê Neville.
“Dan kan jy sien wanneer ongewenste
elemente jou tuin betree. Jy wil ook nie oor
klippe die tuinslang of jou gieter val nie.”
Hy hou van liggies langs paadjies en teen
die mure van ’n huis solank dit so geplaas is
dat dit nie in jou oë skyn nie; dit dra ook by
tot die atmosfeer. “Al die funksionele ligte
hoef nie op een skakelaar te wees en gelyk te
brand nie. Ek gebruik ook graag tydreël-
skakelaars by sommige ligte” voeg hy by.
Wanneer jy jou beplanning doen werk met
twee of drie elektriese lyne is Neville se raad:
lyn 1 byvoorbeeld vir die kragpunte in jou
tuin lyn 2 vir die funksionele ligte en lyn 3 vir
die estetiese ligte. Dis prakties om al die lyne
van jou huis af te laat lei sodat jy dit van daar
af kan reguleer.

Installering
Laat installeer hierdie lyne deur ’n elektrisiën
in oorleg met jou tuinbeplanner. Dis belangrik
dat jy nooit jou tuinbeligting self bedraad nie
maar dit deur ’n gekwalifiseerde elektrisiën
laat doen anders gaan jy waarskynlik nie ’n
elektriese sertifikaat kry wanneer jy jou huis
wil verkoop nie.
Hoewel planne vir tuinbeligting nie deur jou
plaaslike owerheid goedgekeur hoef te word
nie is ’n gedetailleerde plan van waar die
kabels begrawe is noodsaaklik sodat jy nie
later kabels beskadig wanneer jy aanbou of in
jou tuin werk nie.
Maak ook seker dat jy 12-volt-ligte gebruik.
Dis nie net veiliger vir kinders tuiniers en
troeteldiere nie maar voldoen ook aan die
voorgeskrewe regulasies. Vra by jou
handelaar vir SELV (safety extra low voltage).

Die idee is om tuinpaadjies en stoeptrappies


in lig te koester pleks van dit helder en


spierwit te verlig. – Greg Segal


tuin ďĞůŝŐƟŶŐ

Free download pdf