Tuis. 07

(Tuis.) #1

Julie 2017 tuis 101



  • Funksie ’n Lig se funksie sal bepaal hoe jy
    jou keuse maak sê Walter. “ ’n Sterk lig is
    beter vir sekuriteitsdoeleindes. Onthou net
    om die lig so te plaas dat dit wegskyn van jou
    huis af anders hou dit jou dalk snags wakker.”

  • Fokus “Wanneer jy ’n fokuspunt in die tuin
    wil verlig moet die lig verkieslik tussen jou
    huis en die voorwerp wees en na die
    voorwerp skyn. Kies in so ’n geval ’n lig met ’n
    dun straal eerder as ’n breë een. En wanneer
    ligte bloot atmosfeer moet skep kies ’n sagter
    lig wat gloei eerder as skyn” sê Walter.

    • Soort gloeilamp Wiidrich sê warm wit
      LUD-gloeilampe met ’n straal van 120 grade
      verskaf sagte lig; 3 W of 4 W is sterk genoeg
      om atmosfeer te skep en verbruik baie min
      elektrisiteit. As jy spreiligte wil hê kies sterker
      gloeilampe (10 W of 20 W) maar steeds LUD’s

    • hulle gaan jou meer as 60% op elektrisiteits-
      verbruik spaar teenoor halogeen-gloeilampe.

    • Styl Onthou gee Walter raad: Die ligte wat
      jy kies moet by die argitektoniese styl van jou
      huis pas. “Jy sal byvoorbeeld nie ’n Chinese
      lamp by ’n Karoo-huis gebruik nie.”




[WATTER LIGTE WAAR?]


Moenie elke beeld boom of pot in jou tuin


belig nie. Fokus op die mooiste element in jou tuin


en laat sagte lig die res van die tuin


net-net blootlê. – Neville


Groen opsies


Sonpanele as kragbron vir tuinbeligting raak
al hoe gewilder maar Walter waarsku dat
jou panele die voldoende sterkte moet hê vir
die aantal en soort ligte in die tuin. Indien jy
’n sonpaneel-stelsel vir die huis het kan jy
die tuin daarby insluit maar as jy ligte met
hul eie sonpanele installeer laat ’n kenner
raad gee voor jy koop of gaan saam met jou
tuinbeplanner na die verskaffer.
“Wees versigtig vir die goedkoop
selfdoentipe sonkragligte wat die mandjies
vol lê by ysterwarewinkels” sê hy. “Dikwels
is die batterye net sterk genoeg om lig tot
middernag te verskaf en sal dit nie vir
sekuriteitsbeligting deug nie.”
Vanweë toenemende eko-bewustheid is
daar deesdae ’n groot verskeidenheid
“groen energie”-opsies beskikbaar.
“Sonligte is nie net energiebesparend nie
maar dit spaar ook baie op duur kabelwerk.
Selfs feetjieliggies werk nou al met sonkrag.
Jy kan jou tuin in ’n sprokieswêreld omskep
deur dit tussen boomtakke deur te lei.”
Walter waarsku ook teen swak gehalte.
“Die meeste goedkoop sonligte hou net ’n
jaar en dan moet die herlaaibare battery
vervang word. Goeie gehalte hou beslis
langer en is die ekstra rande werd. Hoe
groter die paneel hoe helderder en langer
skyn die LUD’s. Vra raad by die winkel-
personeel voor jy koop.”


Materiaal
Die lewensduur van jou tuinligte hang af van
die materiaal waarvan dit gemaak is.
Produkte van goeie gehalte kan 15 tot
20 jaar hou. Walter sê die beste tuinligte
wat die aanslag van die elemente sal
oorleef is dié wat deur vlekvrye staal of
UV-bestande plastiek omhul word. Gewone
staal roes en aluminium verweer sê hy.
Volgens Wiidrich moet ligte wat in jou
swembad of ’n fontein gebruik word elke
seisoen nagegaan word vir moontlike
herseëling. “Ons gebruik waterdigte
jel-koppelstukke en besproeiingskabels vir
hegting onder water. Lasplekke onder die
grond word met ’n klein bietjie sement
vasgesit sodat pype nie rondskuif en die
lasse in gevaar stel nie. Ek maak ’n bietjie
sement aan en grawe ’n holtetjie onder die
lasplek waarin ek die sement gooi en die
pyp posisioneer.
“Kies ook goeie waterdigte skakelaars vir
buitegebruik. Dit help nie jy bestee geld op
waterdigte gloeilampe of ligte en die
skakelaars lek nie” vertel Wiidrich. Hy voeg
by dat jy ook nie voor die versoeking moet
swig om by goedkoop winkeltjies op die
hoek te koop nie.
Greg stem saam: “Vermy goedkoop
plastiekligte want die uiterste Suid-
Afrikaanse klimaatstoestande sal gou
met hulle klaarspeel.”

EĞĞŵĚŝĠǁĞŶŬĞŝŶĂŐǀŽŽƌũLJĮŶĂůĞ
ďĞƐůƵŝƚĞŽŽƌƚƵŝŶďĞůŝŐƟŶŐŶĞĞŵ͗
Walter


  • Jou tuin se ontwerp – ook die ligte –
    ŵŽĞƚďLJũŽƵůĞǁĞŶƐƚLJůĞŶďĞŚŽĞŌĞƐƉĂƐ͘

  • Dit is altyd goed om tuinligte aan ’n
    tydskakelaar of ligsensor te verbind sodat
    dit vanself aan- en afgaan. Sodoende spaar
    jy krag én die moeite om elke liewe lig
    teen skemer aan te skakel en party teen
    slaaptyd weer af te skakel.
    Greg
    ͻŽƵũŽƵďĞůŝŐƟŶŐƐƵďƟĞů͘^ŬĞƉĞĞƌĚĞƌ
    ĂƚŵŽƐĨĞĞƌĂƐŽŵƌŽĞŬĞůŽƐĞŽŽƌďĞůŝŐƟŶŐƚĞ
    skep wat jou tuin soos ’n sportveld sal laat
    lyk. Neem ook jou bure in ag: As jou ligte
    heelnag by hul venster inskyn gaan julle
    stry kry!

  • Vermy gekleurde ligte in jou tuin – dit
    kan maklik goedkoop en afgeskeep lyk.
    Fokus op warm wit ligte wat die groen van
    jou plante sal uitbring.
    Wiidrich

  • Oorweeg om jou tuinpaadjie af te rond
    met ’n toulig wat deel vorm van jou
    plaveisel se borand. Dié soort lig is
    beskerm teen die elemente en skyn na die
    gras toe maar verleen genoeg lig dat
    mense veilig met die tuinpaadjie langs kan
    beweeg. Dié ligte word in lengtes van
    10 m of 20 m verkoop.
    Marcus

  • Argitekte is nie noodwendig tuinkenners
    nie maar span jou argitek in by die hele
    erf se beplanning sodat jou projek ’n
    geheel vorm. Jou tuin en huis se ontwerp
    moet mekaar aanvul en argitekte kan
    goeie raad daaroor gee.

  • Ligte wat na bo gedraai is en hoër op in
    bome geposisioneer word is ’n goeie
    ŽƉƐŝĞǀŝƌƐĂŐƚĞĂůŐĞŵĞŶĞďĞůŝŐƟŶŐǁĂƚŽŽŬ
    ’n fokuspunt van die loof maak.
    Neville
    ͻ͛Ŷ'ŽĞĚŽŶƚǁĞƌƉƚĞďĞůŝŐƟŶŐƐƉůĂŶ
    verseker ’n naatlose oorgang tussen jou
    huis en tuin en vergroot jou
    onthaalruimte.

  • Moenie sensorligte vir ander doeleindes
    as sekuriteit gebruik nie – dit lewer helder
    ƐƉƌĞŝͲƟƉĞůŝŐǁĂƚũŽƵŐĂƐƚĞŬĂŶǀĞƌďůŝŶĚĞŶ
    boonop al die kleur in jou tuin laat
    verbleek.


TOPWENKE

KONTAKTE
Greg Segal (Professional Illumination Design)
021 706 0590 pidesign.co.za
Neville Orsmond (Create a Landscape)
084 294 0025 createalandscape.co.za
Marcus Smit (Marcus Smit Jacobs Argitekte)
021 852 1362 marcussmit.co.za
Walter Cloete (Walgro Landscaping)
021 853 3515/072 238 4699 [email protected]
Wiidrich Dreyer (Koi Creations) 082 610 1017
[email protected]
Free download pdf