Tuis. 07

(Tuis.) #1
Genoeg vir 2
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 10–15 minute


  • 15ml elk botter en olie

  • 12 groot steurgarnale dermpies verwyder

  • 1 klein brandrissie ontpit en fyngekap

  • 1 duim gemmer geskil en fyngekap

  • 2 knoffelhuisies geskil en fyngekap

  • 15ml matige kerriepoeier

  • 6 pruimtamaties grofgekap

  • 150–200g linguinepasta gekook tot
    al dente

    • gerasperde skil
      van 1 suurlemoen

    • ’n hand vol vars basilie
      of koljander rofweg geskeur




1 Verhit die botter en olie saam in ’n pan
tot die botter begin skuim en voeg dan die
steurgarnale by. Braai tot helderpienk aan
die een kant. Draai die steurgarnale om en
voeg die brandrissie gemmer knoffel kerrie

en tamaties by. Roerbraai saam
vir ’n paar minute tot geurig. Die
steurgarnale sal oraloor mooi pienk word
en die sous grof en geurig.
2 Voeg nog ’n skeut olyfolie of selfs room
by as jy dekadent voel; geur met sout en
varsgemaalde swartpeper en roer die warm
pasta deur die growwe sous. Skep dadelik
op in twee borde en strooi die suurlemoen-
skil en vars kruie oor. >>

Steurgarnaalpasta
Dié ryk pasta is bedoel vir twee.
Kies ’n tafelmaat wat nie huiwer om
handgemeen te raak met sy of haar
aandete nie. (Jy kan natuurlik
ook die garnale afdop
as jy verkies.)


hoofkos


Julie 2017 tuis 111

Free download pdf