Tuis. 07

(Tuis.) #1

Aartappel-en-


keker-ertjie-fillopakkies


Genoeg vir sowat 18 pakkies
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 180 °C


  • 800 g aartappelblokkies (1 cm)

  • 30 ml olie

  • 15 ml matige kerriepoeier

  • 5 cm vars borriewortel geskil en gerasper

  • 5 ml swart mosterdsaadjies

  • 1 groot ui fyngekap

  • 5 cm vars gemmer geskil en gerasper

  • 1 groen brandrissie ontpit en gekap

  • 5 kerrieblare

  • 1 blik keker-ertjies gedreineer

  • 3 feta-wiele

  • 6 velle fillodeeg

  • sowat 125 ml botter gesmelt


1 Kook die aartappelblokkies tot net sag. Verhit
intussen die olie en braai die kerriepoeier
borrie mosterdsaadjies ui gemmer brandrissie
en kerrieblare saam tot die ui glansend en die
speserye geurig is. Roer die warm aartappel-
blokkies en die keker-ertjies by verwyder van
die hitte en roer deur tot goed gemeng.
Krummel laastens die feta oor (maak seker dit
is goed versprei) en geur met sout en peper
na smaak.
2 Rol die fillodeeg oop en sny elke vel in
drie stroke van dieselfde breedte. Werk
van hier af met een strook op ’n slag en
hou die res van die deeg onder ’n klam
doek om te keer dat dit uitdroog.
3 Voorverhit die oond. Verf die deegstrook
met gesmelte botter en skep ’n ruim lepel
vulsel net bo die onderste punt (sien skets).
Vou nou die deeg van onder af oorkruis oor
die vulsel tot die hele strook gebruik is en ’n
driehoekige pakkie vorm. Maak seker die
puntjies is mooi toe en pak dit op ’n bakplaat
wat met bakpapier uitgevoer is. Herhaal met al
18 stroke. Verf die fillopakkies met enige
oorblywende botter en bak vir 20–25 minute
of tot goudbruin en bros. Bykomstighede van arkworkshop.co.za

My weergawe van die heerlike aartappel-en-
fetahappies wat ek op Milnerton se vlooimark
raakgeproe het.

1


2


(^345)
Vou só om
die vulsel...

Free download pdf