Tuis. 07

(Tuis.) #1
In haar nuwe boekA Bite of Latin America (R340; Human &
Rousseau) skryf Susie Chatz-Anderson oor haar kulinêre reis deur
Sentraal- en Suid-Amerika waar sy ware Latyns-Amerikaanse kos
ontdek het. Dis propvol staaltjies en kleurryke foto’s en sal jou
help om geregte eie uit die streek soos ’n kenner te berei.

Pescado a la
Veracruzana
(Mexikaanse vis
gebak met olywe en
tamatiesous


  • njam!)


Die Fry Family Food Co. het pas Suid-Afrika se
eerste glutenvrye ontbytkos met ’n plantbasis
Kasha bekendgestel. Meng dit met water of
melk vir ’n eenvoudige ontbyt met superkosse
en proteïene of gebruik dit om ’n smoothie lyf
te gee. Jy kan kies tussen
die geure Cacao en Vanilla
with Chia Seed. Kasha sal in
alle groot winkels (Shoprite
Checkers Pick n Pay Spar
Dis-Chem) verkoop word
teen ’n voorgestelde prys
van R5499. Besoek
fryfamilyfood.com.

Gesond en propvol smaak


12


3


ROOIROK-BOKKIES Arriba arriba!


1 VIVA ITALIA Die Bosman-familie se kelder is ’n ou naam op
Wellington en hul Nero D’Avola 2015 (spreek dit Neh-roh
Dah-voh-lah uit) is a medium-vol rooiwyn met vars bessiegeure
en ’n titsel peper (R150 bosmanwines.com). Die naam rol
amper so lekker van die tong af as die wyn self!

2 BESLIS DIE WAG WERD Lanzerac Syrah 2015 (R140
lanzerac.co.za) is die eerste Syrah van Lanzerac in meer as 10
jaar. Dit spog met aromas van witpeper koljander fynbos en
pruime wat in rooiwyn gekook is gevolg deur ’n komplekse palet
van ryp rooi en swart bessies met ’n soutige ondertoon.

3 ’N OPREGTE PINOT Danksy die verkoelende effek van die
Babilonsberg gedy Creation se pinot noir-wingerd teen die hange
van die Hemel-en-Aarde-bergkam; die druiwe word stadig ryp
wat ’n gebalanseerde geur verseker. Die dieprooi Creation
Pinot Noir 2016 (R1 260 vir ’n kis van 6 creationwines.com)
het ’n intense geurprofiel van rooi bessies elegante vanielje en
’n titsel hout.
Free download pdf