Tuis. 07

(Tuis.) #1

130 tuis Julie 2017


agterblad


Wat maak ’n ete onvergeetlik – dalk die prys


of die gehalte van die kos? Nee sê Riana Scheepers


dis die plek die geselskap en jou hongerte.


Die beste kok


[email protected]

Riana


Illustrasies

Paula Dubois

Inbelprogramme op die radio is
nie my gunsteling-luistermateriaal
nie. Maar onlangs was daar een
waarna ek eers met verstomming
en toe met groot plesier luister.
Gewoonlik duur dit mos so
drie vier minute voordat ’n
in beller van sy demokratiese reg
gebruik maak om in die openbaar
te wys hoe onkundig rassisties
of heeltemal waansinnig hy of sy
is. Ek vervies my gewoonlik só vir
die stommiteite wat mense kan
kwytraak dat ek doodgewoon die
radio afskakel. Stilte is baie beter
vir my welsyn as die vae
moontlikheid dat ek ’n weergalose wysheid te hore sal kom.
Maar hierdie program kry dit toe reg om my aandag gevange te
hou. Die tema? Die lekkerste kos wat jy al ooit geëet het.
Ek wil by voorbaat die radio afskakel toe ek hoor waaroor dit
gaan maar daar word ek toe verras.
Dalk het ek gedink almal wil vertel van die duurste etes in die
beste restaurante. Maar skynbaar het nie één inbeller die
lekkerste ete van sy lewe in ’n restaurant – duur óf goedkoop –
geniet nie.
Waarvan vertel hulle met heimwee en trane in die oë? Van
die eenvoudigste kos waaraan jy kan dink. Pap met ’n smoortjie
op ’n koue winteroggend in ’n ouma se kombuis. Twee knape
wat met ’n kettie ’n duif skiet en dit net daar in die veld oor die
kole braai. Vandag as volwassene sê Koos met heimwee in sy
stem dink hy terug aan daardie duifie wat hulle sonder sout
gebraai het en met hoeveel oorgawe hy en sy pel Thabo
daaraan gesmul het. Nog iemand bel in en sê: Man niks is
lekkerder as groenboontjiebredie op ’n sny brood nie. Soos sy
ma dit voorgesit het. Nee wat sê ’n vrou niks kom by die
poeding op ’n plattelandse dorp se kerkbasaar nie. Hoe groener
en rooier en drilleriger hoe lekkerder.
Die inbellers bevestig wat ek al lankal weet: Dat dit nie soseer
gaan oor die gehalte van die kos nie maar verál oor die plek
waar die kos geëet word. En die geleentheid. En die geselskap.
En natuurlik die hongerte wat jy het. Dis ’n cliché maar dis
waar: Honger ís die beste kok. As jy honger is dan is daar nie
iets soos fiemies nie.

Ek het nie fiemies aan my
nie; álle kos is vir my lekker.
As dit boonop ’n vriend of
vriendin is wat kosmaak en
die geselskap is goed dan
word ’n broodjie en kaas
’n feesmaal.
As ék moes inbel van
watter kos sal ek praat?
Ek herinner my een van my
eie kulinêre hoogtepunte
maar die vader weet ek sal
beslis nie inbel en daarvan
vertel nie. Die kans is groot dat
iemand wat na mý luister
terstond die radio sal afsit.
Ek en my man is eenkeer in Namibië. Soos altyd wanneer ons
daar is probeer ons minstens een aand in die veld slaap. Ná
aandete die kinders en vriende wat saam met ons kuier gevoed
en versorg vat ons die bakkie met ’n matras en ’n slaapsak. Ons
ry die duine in. My man is avontuurlik hy vat ook ’n bottel port
en twee glase saam. Toe die maan daardie aand opkom sit ons
teen die duin en drink port uit mooi glase. Ons sien ’n enkele
gemsbok op die kruin sy horings twee spiese teen die maan.
Ons slaap in die arms van die nag ’n diep soet slaap.
Toe die son die volgende oggend opkom sit ons ’n bietjie
koulik in sy yl strale. Ons is baie lus vir koffie en beskuit maar in
ons haas om die vorige aand weg te kom het dit agterweë gebly.
Wat het ons wat kan instaan vir ontbyt? ’n Halwe bottel goeie
port. My man kom in die bakkie af op ’n pakkie suiglekkers
daardie aaklige swart balletjies wat jou mond pikswart maak en
van kleur verander hoe langer jy daaraan suig. Die kinders wat
gister met die bakkie gery het het dit daarin vergeet.
So wat is die beste ontbyt ter wêreld? Port en swart suig-
lekkers. Daardie oggend het die mense by die huis maar hul
eie ontbyt moes maak. Ek en my man het die beste ontbyt ter
wêreld gehad.
En die lewe gevier.
Free download pdf