Tuis. 07

(Tuis.) #1
Die kussings en bank in dié
lieflike leeshoekie in die
hoofslaapkamer is oorgetrek
met oorskietstukke vintage-lap
wat Janelle in die Verenigde
Koninkryk gekry het.

Tekstuurryke afwerkings en ragfyn gordyne gee die gaste-
kamer (regs) ’n ontspanne dog weelderige gevoel. Janelle
het die kopstuk van laaghout en ’n ou sponsmatras gemaak
en oorgetrek met eenvoudige gestreepte lap. Vir die kussing-
oortreksels op die bed het sy regte graan sakke gebruik.

Meng en pas
Janelle se kreatiewe flair is in elke vertrek te sien; hier leef oud
en nuut asook helder en onderbeklemtoonde kleure in perfekte
harmonie. “Dis vir my belangrik dat die ou en nuwe items goed
saam lyk en ek gebruik hartsgoed met sentimentele waarde
regdeur die huis; ek sorg dat daar kosbare herinneringe of
erfstukke van my ouma en ouers in elke vertrek is” sê sy.
“Niks hoef perfek te pas nie maar al die ruimtes moet tog
met mekaar verbind deur ’n tema. Daar is byvoorbeeld blou en
wit in elke vertrek omdat ek daarvan hou en ons naby die see
woon; só voel dit altyd of ek met vakansie is.”
Maar Janelle volg nie enige ander dekorreëls nie. “Versier jou
huis met dinge wat vir jou mooi of betekenisvol is” is haar raad.
“As iets vir jou vreugde bring gebruik dit in jou woonplek. Dis
hoe jy weet jy skep ’n ruimte wat jou persoonlikheid leefstyl en
lewens verhaal weerspieël.” >>

’n Versierde kopstuk agter dié
skryftafel skep ’n interessante
fokuspunt in ’n hoek van die
hoofslaapkamer.
Hanglamp van @home;
gordynlap van Mavromac
& The Gatehouse

Lap op kopstuk van
Mavromac & The Gatehouse;
wit kwilt van MRP Home;
bedlampie van Lightco

34 tuis Julie 2017


leserhuis

Free download pdf