Tuis. 07

(Tuis.) #1

2


Ek is nie ’n winter-mens nie; ek raak amper bedruk wanneer daar nie


sonlig is nie; die lig in dié ruimte maak my gelukkig! – Shelley Hills


’n Lieflike uitsig
Met sy fantastiese see-uitsig het Shelley Hills geweet ’n sonnige
leefarea was die beste manier om haar Baaise huis ten volle te
benut. “Toe ek die huis koop was dit ’n argitek se kantoorspasie –
eintlik ’n skoon skilderdoek” sê sy. “Dit het perfek sin gemaak om
die natuurlike lig en pragtige uitsigte te beklemtoon deur dié area
die spilpunt van ons huis te maak.”
Die oopplanruimte bestaan uit ’n kombuis eetgedeelte oordekte
stoep studeerarea en sitkamer. “Ons bring die meeste tyd in die
eetgedeelte deur; dis waar ons met vriende kuier speletjies speel of
in die son opkrul met ’n goeie boek. Dis beslis die gewildste plek in
ons huis” sê Shelley.
Omdat daar so baie natuurlike lig instroom was dit nie vir haar
nodig om kleur in te span om die vertrek op te helder nie. “Ek het
besluit om die palet neutraal te hou en dekor in skakerings van grys
te gebruik sodat al die areas goed inmekaarvloei en die uitsig al die
aandag geniet. Die doelwit was om dié deel van die huis eenvoudig
stylvol en gesellig in te rig.”
Shelley hou nie van natuurlike of gebeitste hout nie daarom is al
die houtrame en stapeldeure wit geverf om die leefarea lig en oop
te laat voel. Omdat die vloer uit verskeie soorte hout bestaan het is
dit ook wit geverf om die vertrek op te helder én te bespaar op ’n
nuwe vloer.
“Ek hou van die ruimte omdat dit ideaal is vir goeie tye met
familie en vriende” verduidelik sy. “Daar is altyd ’n gevoel van
samesyn al sit en doen my seun Cameron huiswerk in die
studeerarea terwyl ek TV in die sitkamer kyk.”

Blink plan!
Shelley het ’n getinte eenrigting-film oor die stapeldeure
se glas aangebring. Dit keer dat haar materiaal in fel
sonlig verbleik en bederf nie die uitsig soos gordyne of
blindings nie.

Dis in die detail
Die kombuiskaste is pasgemaak en die
ou geroeste hanglampe en vintage-
metaaltekens voeg karakter by.
Shelley het ’n vinielplakker met
“huisreëls” bo die stoof geplak en dit
bedek met ’n stuk glas vir ’n
interessante spatpaneel.
Free download pdf