Tuis. 07

(Tuis.) #1

raad


78 tuis Julie 2017


V: Ons verf nou en is dol oor die kleur van Nikki Booth se
huis in die Mei 2014-uitgawe; wat is die kleur se naam?


  • Anneri Buitendach Bloemfontein
    A: Die huis se buitekant is geverf met Midas Earthcote
    Sand Paint in die kleur Lions Head.


V: Ek hou baie van
messe en vurke soos
dié op bladsy 17 van
die Mei 2016-uitgawe;
waar kry ek dit?


  • Santa Lundberg
    Ficksburg
    A: Die vintage-eetgerei
    is geleen by Memories
    ’n winkel in Durbanville
    wat intussen sy deure
    gesluit het. Kyk uit vir
    vintage-eetware by
    tweedehandswinkels en
    markte of as jy net iets
    met gekleurde hewwe
    soek loer by @home
    (home.co.za) MRP
    Home (mrphome.com)
    of Checkers
    (checkers.co.za).


V: Die spatpaneel op bladsy 78 van die Maart 2017-
uitgawe het my oog gevang. Waar is dit gekoop en watter
kleur is dit?–Nickey Botes Swellendam
A:Die glas-spatpaneel is deur Cohesion Interiors
(cohesioninteriors.co.za) in die kleur Sky Grey.

V: Waar kry die huiseienaar die uitstalkas op bladsy 23 van
die Augustus 2016-uitgawe? – Carol Kayseri Johannesburg
A: Die huiseienaar Anisa du Plessis sê dis ’n antieke
winkelkas wat sy meer as 10 jaar gelede gekoop het by ’n
winkel wat intussen toegemaak het. Kyk aanlyn by olx.co.za
gumtree.co.za of Vamp (vampfurniture.blogspot.com). Jy kan
ook iets soortgelyks deur ’n skrynwerker laat maak

Kortliks

Free download pdf