Tuis. 07

(Tuis.) #1

raad


80 tuis Julie 2017


Nick Stodel
esturende direkteur van
todels-tuinsentrums
ntwoord Kyk uit vir
lante met dié kenmerke:
Klein of naaldagtige
lare Hoe kleiner die
laar se oppervlak hoe
vind plaas. Oorweeg
byvoorbeeld bome soos die karee akasia en
blinkblaar-wag-’n-bietjie.


  • Grys loof Die kleur weerkaats sonstrale
    wat dit koel hou en waterverlies deur die
    blare verminder. Goeie keuses is laventel
    Artemisia Arctotis en kruidjie-roer-my-nie.

    • Vlesige blare Water word in die blare
      gebêre en die plante – plakkies (Crassulas)
      vygies aalwyne woestynrosies en spek-
      boom – gebruik dit wanneer nodig.

    • Harige blare Hare vertraag die beweging
      van lug oor die stomata (porieë wat vir
      gaswisseling gebruik word) wat waterverlies
      verminder. Dié plante sluit die silwerboom
      lammetjie-oor bruinsalie en kooigoed
      (Helichrysum) in.

    • Wasagtige blare ’n Waslaag voorkom
      waterverlies; oorweeg Euonymus Kalanchoe
      en die Indiese meidoring.

    • Blare met ligter onderkante Wanneer dié
      plante swaar kry draai hulle die blare met




hul ligter onderkant na die son om die lig
weg te kaats. Wildeolyfbome Gazanias en
inheemse buddlejas is voorbeelde.


  • Stewige interne struktuur Harde stele
    ondersteun blare beter sodat water nie
    daarvan afloop en grond toe drup soos
    gebeur by plante met sagte slap blare nie.
    Voorbeelde is Strelitzias Restios en
    sisalplante (Agaves).

  • Olieryk In streke met ’n warm droë somer
    het party plante aangepas deur olies af te
    skei wat die blare bedek en hulle teen
    waterverlies weens verdamping beskerm.
    Oorweeg roosmaryn laventel en salie.
    KONTAK stodels.com >>


Só maak jy
waterwys tuin
Sally Knipe van Port Elizabeth skryf
My plante oorleef nie die droogte nie
en ek wil graag dié winter alles in my
tuin vervang met waterwys opsies sodat
dit reg sal wees vir die warmer maande
wat kom. Enige raad?

Laventel Wildepiesang (Strelitzia nicolai ) Spekboom

Kooigoed Vygies en gousblomme
Free download pdf