Tuis. 07

(Tuis.) #1
Hannes se tuinwenke


  • Plant interessante plante en dié wat meer aandag
    nodig het naby of rondom stoepe en voetpaadjies
    waar jy hulle kan sien en maklik kan versorg. As jy
    ’n plant nie sien nie vergeet jy gou daarvan!

  • Gebruik geharde inheemse struike soos blinkblaar
    kruisbessie wildegranaat saliehout (Buddleja salviifolia)
    en groot-noemnoem vir natuurlike skerms en as agtergrond vir
    die tuin. Veral as jy naby die kus bly en die tuin aan wind
    blootgestel is is ’n geharde inheemse struik ’n goeie keuse.

  • Kyk na die uitsig vanuit jou tuin. Beklemtoon dit wat mooi is
    deur reeds in die ontwerp “vensters” oop te maak na die
    groter landskap. Moet byvoorbeeld nie ’n mooi uitsig met
    bome laat toegroei nie; plant die bome elders op die erf waar
    jy juis privaatheid wil skep. Deur van uitsigte uit jou tuin
    gebruik te maak skep jy ’n grenslose gevoel veral in ’n dig
    beboude woonbuurt.

  • Plant grondbedekkers tussen struike om ’n natuurlike
    voorkoms en ’n mikroklimaat te skep. Dit dien as lewende
    deklaag en word mettertyd deel van die ekosisteem. >>


Die gebruik van klip in die tuin
skep afwisseling en kontras
met die plantegroei. Daar was
aanvanklik nie juis klip op die
eiendom nie en alles is aangery.
Omdat Peter en Liz geen
permanente strukture in die tuin
wou hê nie is die klippe vir die
muurtjies net op mekaar gepak;
dit dra ook by tot die natuurlike
gevoel waarvan hulle so baie
hou. Die klipmure eindig nêrens
opsigtelik nie – dit verdwyn
eerder tussen die plantegroei en
om draaie wat aan die tuin ’n
gevoel van grenslose ruimte gee.


[INHEEMSE STAATMAKERS]



  • Swartbas (Diospyros whyteana)

  • Blinkblaar (Rhamnus prinoides)

  • Kruisbessie (Grewia occidentalis)

  • Groot-noemnoem (Carissa macrocarpa)

  • Wildegranaat (Burchellia bubalina)

  • Goue tapyt (Helichrysum cymosum
    subsp. cymosum)

  • Bobbejaanklou (Leucospermum cordifolium)

  • Rooikwas (Scadoxus puniceus)

  • Wildejasmyn (Jasminum angulare)

  • Basterboegoe (Agathosma ovata)


in dié eilandtuin

Free download pdf