Tuis. 07

(Tuis.) #1

N


Huis

Woonstel

Groentetuin

1

1

2

2

2

3

4

5

3

3

66

Twee dele


Ná ’n deeglike ontwerpproses en met die plan
op die tafel het Hannes hul droomtuin help
skep. Hy het die tuin in twee dele verdeel.
Aan die suidekant waar die hoofingang en
hoë fasade is wat op die pragtige Knysna-
koppe uitkyk het hy van digte beplanting
gebruik gemaak ter wille van privaatheid:
inheemse bome struike en grondbedekkers
wat natuurlik in die kusduine voorkom en
gewoond is aan sout in die lug sterk wind en
sanderige hellings. Dié ontwerp gee die
gevoel dat die tuin in ’n natuurlike kusbos
geleë is. Hy het onder meer Outeniekwa-
geelhout (Afrocarpus sin. Podocarpus
falcatus) wasbessie (Morella cordifolia) en
Helichrysum teretifolium gebruik om dié
gevoel te kry.
Die grootste gedeelte van die tuin lê aan
die noordekant agter die huis wat meer son
kry en teen die heersende wind beskerm is.
Hier is ’n kleurvolle inheemse tuin vol lewe
geskep wat die Reynoldse ook meestal as
buiteleef-area gebruik. Hannes het dié deel
van die tuin in verskillende sones verdeel elk
met sy eie habitat.
“Verskillende tuinhabitatte binne ’n
groter geheel gee ’n tuin karakter met ’n
interessante verskeidenheid danksy
elkeen se eiesoortige plantegroei. Elke
habitat vorm sy eie mikroklimaat en lok
bepaalde insekte en voëls wat hul tuiste
en kos in daardie spesifieke omgewing vind”
vertel Hannes.
Een van die grootste sones is die droë
rivierloop wat soos ’n sentrale as deur die tuin
loop. Dis ’n droë landskap met net waterwys
plante. Hier is spoelklippe van groot tot klein
vetplante en kronkelende voetpaadjies.
Dieper in die tuin agter die gepakte klip-
muurtjie wat die droë rivierloop afbaken groei
digte woudplante wat weer ’n bosgevoel gee.
Sowat 98% van die tuin is inheems. Enkele
uitheemse plante wat Peter en Liz na aan die
hart lê soos die Meksikaanse trompetblom
(Distictis buccinatoria) en blomgranate
(Punica granatum) is ook gebruik.
“Ons hou van die manier waarop Hannes
’n landelike gevoel aan die tuin gegee het”
vertel Liz “en hoe hy met sukses die
omliggende geboue met bome en struike
afgeskerm het. Ons hou van die wilde dele
wat ’n magdom voëls en insekte lok. En almal
geniet die ‘rivierbedding’!” >>


Plantlys vir
elke habitat
1 Woudhabitat
Diospyros whyteana
Grewia occidentalis
Maytenus acuminata
EƵdžŝĂŇŽƌŝďƵŶĚĂ
Plectranthus ciliatus
Plectranthus strigosus

2 Woudrandhabitat
ƵƌĐŚĞůůŝĂďƵďĂůŝŶĂ
>ĞŽŶŽƟƐůĞŽŶƵƌƵƐ
WŽůLJŐĂůĂŵLJƌƟĨŽůŝĂ
Tecomaria capensis ‘Rocky Horror’

3 Fynbos
ĐŵĂĚĞŶŝĂĂůƚĞƌŶŝĨŽůŝĂ
Coleonema pulchellum
Elegia tectorum ‘Fish Hoek’
Erica gracilis ‘Dark Pink’
>ĞƵĐŽƐƉĞƌŵƵŵĐŽƌĚŝĨŽůŝƵŵ
WĞůĂƌŐŽŶŝƵŵƌĞŶŝĨŽƌŵĞ
^ĂůǀŝĂĂĨƌŝĐĂŶĂͲĐĂĞƌƵůĞĂ

4 Vlei
:ƵŶĐƵƐͲspp.
>ŽďĞůŝĂĂŶĐĞƉƐ
Melianthus major
Psoralea pinnata
tĂĐŚĞŶĚŽƌĮĂƚŚLJƌƐŝŇŽƌĂ

5 Droë rivierloop
Aloe dumetorum
Aloe maculata
ƵůďŝŶĞůĂƟĨŽůŝĂ
ƌĂƐƐƵůĂŵƵůƟĐĂǀĂ
Oscularia deltoides
WŽƌƚƵůĂĐĂƌŝĂĂĨƌĂ͚Prostrate’

6 Kusbos
Agathosma apiculata
ĂƌŝƐƐĂďŝƐƉŝŶŽƐĂ
ĞůŝĐŚƌLJƐƵŵƚĞƌĞƟĨŽůŝƵŵ
DŽƌĞůůĂĐŽƌĚŝĨŽůŝĂ
Pterocelastrus tricuspidatus
Tarchonanthus camphoratus

* Bogenoemde is ’n verkorte lys
van die ontwerper se gunstelinge

Julie 2017 tuis 91


lesertuin

Free download pdf