Tuis. 08

(Tuis.) #1

104 tuis Augustus 2017


Tuinkopies


Fuchsia


Ken jou


indringers


Elke maand wys ons ’n plant wat as ’n
indringer verklaar is. Hou jou oë oop daarvoor
in jou tuin en buurt.

Wildetabak(Nicotiana glauca)is ’n
immergroen struik of boompie met
blougroen leeragtige blare (soms met ’n
perserige tint) wat tot 6 m hoog kan groei.
Buisvormige geel blomme verskyn deur
die jaar aan hangende trosse. Dit dra
bruin doosvrugte wat die klein saadjies
bevat waardeur dié plant versprei.
Indringerstatus
Dis ’n Kategorie 1b-indringer wat
beteken jy kan vervolg word as dit op
jou eiendom groei.
Hoekom is dit ’n probleem?
Die plant ding mee met inheemse spesies
en kan ná ’n oorstroming digte bosse
langs waterlope vorm; dis veral ’n
probleem in bewareas soos die Kruger-
wildtuin. Die hele plant is giftig vir mak en
wilde diere.
KONTAKinvasives.org.za

Fucshia

As jy ’n stoepplant soek wat sonder ophou
blom oorweeg fuchsias (hoogstam- of
potfuchsias). Dis maklike binnenshuise
plante wat hou van gefiltreerde skaduwee.
Hou die grond eweredig klam; die plant hou
nie van nat voete nie. Voed met ’n kalium-
ryke vloeibare bemesting sodra dit oortrek is
van knoppe. Verwyder dooie blomme
anders sal die plant saadkoppe maak en
“vergeet” om te blom. In die lente sal
fuchsias gedy buite op ’n skaduryke plek of
iewers met oggendson. Fuchsias is ryp-
sensitief; bring dit weer binnetoe wanneer
temperature daal en maak minder nat
omdat die plant dormant raak. In rypvrye
gebiede kan dit in die winter blom en as dit
in ’n beskutte tuin stoep of binnehof staan
kan dit in kouer areas ook blom.
KONTAK plantimex.co.za

Wildetabak

Foto

Getty Images

Reel Gardening Garden in a Box bevat vyf verskillende groentes
of kruie op bioafbreekbare kleurgekodeerde papierstroke wat die
korrekte plant-diepte en -afstand aandui; dit hou ook die saad
klam en keer dat voëls dit vreet. Elke boks is genoeg om 2 m^2 te
beplant en lewer sowat 40 porsies groente of kruie. Dis
beskikbaar by Food Lover’s Market-takke landwyd (R7999).
Sien meer by reelgardening.co.za. >>

Gebruik Oregano ‘Hot and Spicy’ vir
’n effense byt in die winter wanneer
rissies skaars is.

Kweek dit so Oregano ‘Hot and Spicy’ is ’n
immergroen rypbestande grondbedekker-
krui met ’n spreidende groeiwyse van
20 cm perfek vir ’n houer. Dit het grysgroen
ovaal effens harige blare en dra trossies
wit blomme in die somer. Plant dit in volson
in goed gedreineerde komposryke grond.
Verskillende soorte Ander ongewone
variëteite is ‘Country Cream’ ’n grond-
bedekker met ovaal room-en-groen blare en
klein pienk blomme; ‘Golden Upright’
ideaal vir houers of as kontrasplant en die
laaggroeiende ‘Golden Oregano’ met sy geel
blare wat ’n dekoratiewe grondbedekker
tussen ander kruie maak.
Wenk van die maand Snoei terug in die
lente en verryk die grond met kompos om
bosagtige nuwe groei aan te moedig.
Het jy geweet? Oregano ‘Hot and Spicy’ is
’n uitstekende metgeselplant vir groente
soos broccoli kool blomkool komkommer
en soetrissies omdat dit komkommer- en
skorsiekewers weghou.
Algemene probleme Die stele kan houtagtig
raak as die plant nie gereeld gesnoei word
nie. Hoe meer jy daarvan pluk hoe beter
groei dit.
Gebruike Dis ideaal vir pikante Meksikaanse
of Italiaanse geregte vir die stadige
gaarmaak van geregte met tamaties olywe
knoffel en uie asook bredies met bief
hoender en lam.
KONTAK healthyliving-herbs.co.za

Krui van die maand


Stoepplant van die maand


tuindagboek ^ƚƵƵƌŝŶůŝŐƟŶŐŶĂƚƵŝŶĞΛƚƵŝƐ͘ĐŽ͘njĂ.


Oregano ‘Hot and Spicy’
Free download pdf