Tuis. 08

(Tuis.) #1

Doendinge


dié maand ...


Lavandula
‘Margaret Roberts’


Op 9 Augustus – Nasionale
Vrouedag – kan jy die geurige pienkRosa‘Margaret Roberts’ en
Lavandula‘Margaret Roberts’ plant ter herinnering aan die “koningin
van kruie” die skrywer en bekroonde tuinier Margaret Roberts.

rou om te onthouOp 9 Augustus Nasionale


Rosa ‘Margaret Roberts’


  • Voed lenteblommende plante met
    Hadeco-plantkos of Multifeed Classic.

  • Wag tot die grond in die winter-
    reënstreek warm is en saai of plant
    saailinge soos heuning blommetjies
    begonias bedding dahlias afrikaners
    kappertjies portu lakke salie
    yster kruid en jakobregops.

  • Plant somerblommende bolle en
    knolle van geel en pienk aronskelke
    kannas dahlias pynappelblomme
    Galtonias swaardlelies Tigridias en
    soetamalings.

  • Snoei fuchsias aan die einde van
    die maand of wanneer die rypgevaar
    verby is. ’n Algemene reël is om met
    twee derdes terug te snoei en swak of
    dooie stele te verwyder asook dié wat
    binnetoe groei.

  • Plant potvaste potplante oor in
    kommersiële potgrondmengsel. Vee
    binnenshuise potplante se blare
    skoon met ’n nat lap of sagte kwas.

  • Camellia reticulata dra pragtige
    blomme in die lente. Maak gereeld
    nat om te keer dat dit botsels afgooi
    en behou vog in die grond met ’n dik
    deklaag growwe kompos basstukkies
    of dennenaalde. >>


Plant potvaste
potplante oor in
kommersiële
potgrondmengsel.
Free download pdf