Tuis. 08

(Tuis.) #1

Diepgebraaide


sjokoladepakkies


Dié happies is morsig om te eet en vet pret
om te maak. Daar is ’n risiko dat as jy nie
versigtig werk nie die deeg in die olie kan
oopgaan en jy jou sjokolade kwyt gaan wees.
Maar as jy dit regkry is dit ’n groot bederf
saam met ’n glasie likeur.


Maak 12 pakkies
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute



  • 12 Lindor-balletjies yskaskoud

  • 12 wonton-deegvierkante

  • 1 klein eier geklits

  • olie vir diepbraai


1 Werk vinnig maar versigtig met een
wonton-vierkant op ’n slag en hou die res
onder ’n klam doek sodat die deeg nie
uitdroog nie. Sit ’n koue sjokoladeballetjie in
die middel van die deegvierkant. Verf rondom
met eier en vou al vier punte na die middel
sodat die deeg bymekaarkom (sien foto).
Werk nou al in die rondte en plak die sye aan
mekaar terwyl jy al die lug rondom die
sjokolade laat ontsnap. Die deeg moet styf
teen die sjokolade wees sodat geen sjokolade
kan uitlek wanneer jy dit braai nie. Herhaal
tot al die sjokoladeballetjies bedek is.
2 Verhit die olie in ’n klein vlak pan tot warm.
Toets dit met ’n ekstra wonton om seker te
maak dit brand nie die deeg nie. Wanneer die
olie reg is braai die sjokoladepakkies
twee-twee tot goudbruin en opgepof. (Ek hou
dit sommer in die gaatjieslepel in die olie.)
Dreineer op kombuispapier en herhaal met
die res. Sit warm voor (maar nie so warm dat
die sjokolade jou mond gaan brand nie) met
jou gunsteling-likeur of -soetwyn. >>


Alternatiewe vulsel
Skep ‘n lepeltjie
karamel gevolg deur
‘n piesangskyfie en
‘n paar sjokolade-
splinters in elke
pakkie; sit voor
met roomys.
Free download pdf