Tuis. 08

(Tuis.) #1
Bykomstighede van Plan B Vintage (082 491 3677 planbphotography.co.za)

Oliebolle
met semolina
Indiese oliebollegulab jamun word
tradisioneel gemaak met meel en
melkpoeier dan gebraai en in soet
roosstroop gedoop. Dié Suid-Afrikaanse
weergawe gebruik kondensmelk en
semolina en het ’n fermer tekstuur. Dit
word soms ook in vingers gesny en in
klapper gerol. Hoe jy ook al daarvan hou
dis soete verleiding op sy beste.

Maak sowat 21 hartjies
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute


  • 2 groot eiers

  • 1 blik (385 g) kondensmelk

  • 45 ml gesmelte botter

  • 125 ml semolinameel

    • 15 ml bakpoeier

    • 875 ml (490 g) meel

    • knippie elk kardemom en
      neutmuskaat

    • sowat 300 ml olie vir braai
      STROOP

    • 250 ml strooisuiker

    • 250 ml kookwater

    • 4 kardemompeule gekneus

    • 1 kaneelstokkie




1 Maak die stroopLos die suiker op in
die kookwater oor matige hitte. Roer die
speserye by en bring tot kookpunt.
Kook vir sowat 5 minute tot effens
verdik. Verwyder van die hitte en hou
eenkant. Die stroop moet warm wees


  • nie kokend nie – wanneer die bros-
    gebraaide happies daarin gedoop word.
    2 Klits die eiers kondensmelk en botter
    saam en meng dan die res van die droë
    bestanddele by om ’n ferm deeg te kry.
    Knie tot net glad.
    3 Rol die deeg sowat 2 cm dik uit en
    sny vormpies uit met ’n hartjie-
    koekiedrukker (3 cm in deursnee).
    Druk die orige deeg weer bymekaar en
    herhaal tot al die deeg opgebruik is.
    4 Verhit die olie (sowat 3 cm diep) in ’n
    pot op die stoof en braai die hartjies in
    sarsies tot goudbruin alkante en
    deurgaar. Moenie te haastig wees nie;
    hou liewer die olie matig warm en braai
    ’n bietjie langer om te verseker hulle
    bak deur. Dreineer vlugtig op kombuis-
    papier en sit hulle dan warm in die
    stroop. Die hartjies suig die stroop op
    en raak heerlik taai aan die buitekant.
    Jy kan dit in klapper rol as jy wil. Eet
    effens warm of koud verkieslik
    varsgebak.


Hoenderburgers
met sout karamelsous
As die lus vir krakerige hoender jou
oorrompel probeer dié.

Genoeg vir 4 burgers
Bereidingstyd: 40 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute


  • sowat 500 ml panko-broodkrummels

  • 180 ml mielieblom

  • 2 ml rooipeper

  • 2 takkies tiemie

  • 4 groot hoenderborsfilette oopgevlek

  • 2 eiers geklits

  • olie vir braai

  • 4 sesamsaad-broodrolletjies

  • mayonnaise en slaai van jou keuse
    KARAMELSOUS

  • 125 ml strooisuiker

  • 125 ml kookwater

  • 1 steranys

  • sowat 30 ml suurlemoensap

  • sowat 30 ml vissous

  • ’n klont botter

  • 3 sprietuie gekap

  • 1 rooi brandrissie gekap

  • 15 ml appelasyn


1 Meng die panko-broodkrummels en
mielieblom met die rooipeper en tiemie en
pols in ’n voedselverwerker tot fyn.
2 Geur die hoender met sout en peper en
rol dan eers in die krummelmengsel dan in
die eier en dan weer in die krummels. Sit in
die yskas vir sowat 20 minute om te
verseker die bros lagie sit goed vas.

3 Maak intussen die sous Roer die suiker
en water saam oor lae hitte tot al die suiker
opgelos is. Voeg die steranys by en verhit
sonder om te roer tot die suiker ’n diep
karamelkleur kry. Verwyder dadelik van die
hitte – onthou die pot bly warm en die
karamel sal al donkerder word. Voeg nou
die res van die sousbestanddele by en roer
tot opgelos. Proe versigtig en geur na smaak
met sojasous of sout tot die soet-soutbalans
net reg is.
4 Vlakbraai die hoender in sowat 1 cm olie
tot goudbruin en bros. Bedruip mildelik met
die karamelsous en sit voor op broodrolle-
tjies met mayonnaise en slaai. Ons het bros
blare wortellinte seldery piekelgemmer
granaatpitte dungesnyde appel en
koljanderblaartjies gebruik.

Variasies
Die hartjies kan
ook oopgesny en met
geklopte room
gevul word.

116 tuis Augustus 2017


hoofkos

Free download pdf