Tuis. 08

(Tuis.) #1

  • 750 g winkel-brooddeeg

  • 350 g bevrore spinasie-en-
    feta* gaargemaak

  • 300 g mozzarella gerasper

    • 200 g gerookte ham gekap

    • oondgeroosterde
      kersietamaties en vars
      basilie vir voorsit




Spinasie-en-kaas-calzone met ham
Onder R160 • Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 25 minute • Gaarmaaktyd: 20 minute


  • 400 g kruissteak (“rump”)

  • 30 ml elk botter en
    olyfolie

  • 2 wit uie fyngesny

  • 3 knoffelhuisies fyngekap

  • 400 g sampioene gekap

    • 250 ml ligte bier

    • 3 takkies vars origanum

    • 15 liter aftreksel

    • 60 ml meel

    • 60 ml platblaarpietersielie

    • vars brood en botter




Steak-en-sampioensop
Onder R125 • Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 15 minute • Gaarmaaktyd: 30 minute

1 Sny enige vet van die steak af en sny die vet in klein
blokkies. Braai dit uit in ’n groot warm pot en braai dan die
steaks daarin tot alkante geseël maar nog pienk binne. Skep
uit voeg die botter en olie by die pot en braai die uie knoffel
en sampioene tot sag en geurig.
2 Roer die bier en origanum by en kook vir 2 minute tot die
vloeistof met die helfte ingedamp het. Meng die aftreksel bietjie
vir bietjie by die meel tot glad en voeg dit ook by die pot. Laat
prut rustig vir sowat 20 minute.
3 Sny die steak in dun repies en roer by die sop net voor
opdiening. Verwyder die pot van die hitte en laat staan vir ’n
paar minute sodat die vleis kan warm word – op dié manier bly
die vleis sappig en word dit nie oorgaar en taai nie. Geur na
smaak met sout en peper en strooi die gekapte pietersielie oor.
Sit voor met brood en botter.

1 Voorverhit die oond tot 220 °C. Verdeel die deeg in vier en rol elke
stuk baie dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Die deeg se vorm
maak nie saak nie (sirkels óf reghoeke werk goed) maar hou die
grootte van jou bakplaat in ag.
2 Verdeel nou die gaar spinasie-en-feta mozzarella en ham tussen
die vier stukke en rangskik die vulsel op die een helfte van elke
stuk deeg. Vou die ander helfte bo-oor die vulsel en druk vas om
die rande. Strooi ’n dik laag meel op ’n groot bakplaat en plaas die
calzones bo-op (gebruik twee bakplate as een te klein is). Maak drie
insnydings in elke calzone met ’n baie skerp mes of pizzasnyer en
bak vir 13–20 minute of tot goudbruin en bros. Sit dadelik voor met
die kersietamaties en basilie.
* Kyk uit vir pakkies spinasie-en-feta in jou naaste supermark
se vrieskas.

Vier winter-warm gunstelinge.


DeurJohané Neilson •Foto’sFrancois Oberholster

VVii it tllii


Kos is


op die tafel


118 tuis Augustus 2017

Free download pdf