Tuis. 08

(Tuis.) #1
Hoender met kekerertjies
Onder R120 • Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 10 minute • Gaarmaaktyd: 25 minute


  • 4 hoenderborsies
    •30ml olie

  • 1 ui gekap

  • 3 knoffelhuisies gekap

  • 1 vinger vars gemmer geskil
    en gekap

  • 1 groen brandrissie gekap

    • 250ml passata
      (tamatiepuree)

    • 15 ml elk koljander en
      komyn

    • 5 ml masala

    • 1 blik kekerertjies

    • 250 ml groenertjies

    • ’n hand vol peulertjies



  • 800 g varkfilet in 8 stukke
    gesny

  • 60 ml meel

  • 45 ml botter

  • 125 ml hoenderaftreksel

  • 30 ml suurlemoensap
    en gerasperde skil van
    1 suurlemoen

  • 30 ml kappertjiesaad

  • 250 ml room

  • ’n knippie rooipeper

  • 30 ml gekapte platblaar-
    pietersielie

  • 500 g baba-aartappeltjies
    gaar gekook
    •30ml varsgerasperde
    pecorino


Vark-piccata met suurlemoen


Onder R145 • Genoeg vir 4
Bereidingstyd: 10 minute • Gaarmaaktyd: 15 minute


1 Geur die vleis met sout en peper en rol dit in die meel. Verhit
die botter tot skuimerig en braai die vleis tot bruin oraloor.
2 Roer nou die aftreksel suurlemoen kappertjiesaad room
rooipeper en pietersielie asook enige oorblywende meel by en
roer tot goed gemeng. Laat prut vir sowat 10 minute of tot die
vleis deurgaar en die sous lekker dik is.
3 Druk die gaar aartappeltjies effens plat sodat hulle net-net
oopbars en roer by die pan. Strooi die pecorino bo-oor en smul.


1 Maak in elke hoenderborsie drie insnydings met ’n skerp mes
en meng met die olie; voeg sout en peper na smaak by. Braai in
’n warm pan tot goudbruin oraloor maar nie noodwendig deurgaar
nie. Skep uit en braai die ui knoffel gemmer en brandrissie saam
in dieselfde pan tot geurig.
2 Roer die passata en speserye by en laat prut oor lae hitte totdat
die sous heerlik dik en geurig is (sowat 10 minute). Skep die
hoender terug in die sous saam met die kekerertjies groenertjies
en peulertjies en laat prut tot als gaar is. As die sous te veel verdik
het verdun met ’n bietjie aftreksel. Sit voor met rys.

Hartvormige bak van Le Creuset (086 177 3321 lecreuset.co.za)

Augustus 2017 tuis 119


kortpadkos

Free download pdf