122 tuis Augustus 2017
kos stap vir stap
DeurJohané Neilson
FotoâsFrancois Oberholster
132
4
5
Gebruik oorskiethoender en roerbraaigroente vir dié gevulde
plaatkoekies â perfek vir wanneer die honger laataand knaag.
1 Maak die deegSif die meel en geur met die sout peper en sprietuie. Roer die olie en
kookwater by en knie die warm deeg tot glad. Bedek met kleefplastiek en laat rus op die
werkblad vir 30 minute. 2 Roerbraai die groente vir die vulsel vlugtig in ân bietjie olie tot
geurig. As jy wil kan jy nou die brandrissie knoffel gemmer en sojasous byroer.
3 Verdeel die deeg in 8 ewe groot balletjies; strooi ân bietjie meel oor jou werkblad as die
deeg vassit. Hou ân bakkie sesam-olie ân kwassie en jou vulsel reg.
4 Rol nou een deegballetjie op ân slag in ân lang dun strook uit.
Verf met ân klein bietjie olie en skep van die vulsel oor die helfte
naaste aan jou. Rol nou styf op weg van jou af (sien foto) totdat
jy ân gevulde sigaarvorm het. Hou dit regop en druk dit met jou
handpalm plat om ân koekie te vorm. Sprinkel die sesam-
saadjies oor en herhaal met die res van die bestanddele.
5 Panbraai die plaatkoekies in die olie tot deurgaar en
goudbruin alkant. As jy bang is die deeg is buite bruin en binne
nog rou bak die koekies vir sowat 10 minute in ân voorverhitte
oond teen 180 °C. Geniet met ân doopsousie van sojasous of
soet rissiesous en ân strooisel sprietuie en koljander.
VAN OORSKIET
tot Oosters
Hoenderplaatkoekies
Ons het dié metode vir vinnige happies op
thewoksoflife.com gewaar.
Genoeg vir 8 koekies
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
- 30 ml sesamsaadjies
- 15 ml sesam-olie
DEEG - 500 ml (280 g) koekmeel
- ân ruim knippie seesout en witpeper
- 3 sprietuie se wit gedeeltes
baie fyn gekap - 30 ml olie (ons het sesam-olie gebruik)
- sowat 200 ml kookwater effens
afgekoel
VULSEL - 1 groot wortel geskil en gerasper
of in julienne-repies gesny - 12 sampioene fyngekap
- 300 ml fyngekapte kool
- 15 ml olie
- 1 rooi brandrisssie gekap (opsioneel)
- knoffel na smaak (opsioneel)
- 5 ml fyngerasperde vars gemmer
(opsioneel) - 15â30 ml sojasous (opsioneel)
- vars koljander
- sowat 300 ml gepluiste
braaihoender