Tuis. 08

(Tuis.) #1

124 tuisAugustus 2017


Geniet Woolworths se
nuwe jogurt sonder om
skuldig te voel. Dit
bevat geen preserveer-
middels nie daar is 16%
meer vrugte in die dubbel-
room- laevet- en vetvrye jogurt
asook aansienlik minder suiker as in
die 2016-resep. Verder spog dit met eksklusiewe kulture wat jou
spysverteringstelsel in balans hou. Daar is ook heerlike geure om
van te kies soos laktosevrye aarbei en volroom-peer-en-rabarber!
Besoekwoolworths.co.za.
FotoRobbert Koene •StileringMaranda Engelbrecht

Brrr...
Smul aan ’n drietal heerlike
tuisgemaakte soppe by
Constantia Glen se winter-
wynproe tot einde Augustus.
Een porsie saam met een van
hul elegante koelklimaatwyne
kos R90; of betaal R95 vir
kleiner porsies van al drie soppe
(Austrian Beef Goulash Roasted
Butternut en Sage and Rich
French Onion).
Besoekconstantiaglen.com.

Geniet ’n feesmaal met dié winter-gunstelinge!


&
kos drank

Spytail Black Ginger Rum
(R350 drankwinkels
landwyd) word uit
Frankryk ingevoer en het
’n diep amber kleur ’n
gemmergeur en ’n soet
fluweelagtige palet –
heerlik oor ys of in ’n
mengel drankie. Of lawe
jou verkoue met ’n
regmakertjie? Sien
spytailrum.com.

H


eer


like^ jogur
t

Die selfopgeleide slagter en eienaar van Frankies Meat Merchants
Andy Fenner se nuwe boekMeat Manifesto (R550 Quivertree) is ’n
praktiese gids oor hoe om vleis te kies en dit met passie en respek te
berei. Andy glo vleis is ’n luukse en dat dit ononderhandelbaar is om
te hou by eties verkrygde bestanddele van goeie gehalte. Rook of braai
jou keuse van beesvleis vark lam wildsvleis pluimvee en selfs bok
en gebruik dit in watertand-resepte wat wissel van basies (varkribtjops
met Marmite) tot eksoties (beeswang-bobotie). Te lekker!

Deur Johané Neilson • Foto’s: verskaf

Ryk geur


AANDAG ALLE VLEISETERS!
Free download pdf