Tuis. 08

(Tuis.) #1
Versamelaarsvanformaat
“Ek aard na my ouma Sadie Moorrees” vertel Carla. “Sy het ’n
pragtige huis gehad met vreeslike groot meubels en interessante
vase. Ek het baie by haar geleer. Daarby is ek en Braam al twee
versamelaars. Ons kom nooit met leë hande terug van ’n veiling of
’n mark nie hetsy vintage-markte oorsee of die Milnerton-
vlooimark.”
Elke vertrek het hope karakter danksy dié markvondste en
optelgoed wat die storie vertel van die gesin se reis van Kanada
terug na Suid-Afrika en vakansies in Griekeland en Parys – twee
gunsteling-bestemmings. “Vir my het die huis ’n versamelaars-
gevoel maar Jana sê soms sy voel asof sy in ’n museum woon”
lag Carla.
Die swart-en-wit palet is nog ’n nuwigheid en skep ’n treffende
kontras met al die spatsels silwer koper en goud in die huis. “Ek
het met ’n wit palet begin en so die afgelope twee jaar swart begin
inbring vir dramatiese effek” verduidelik sy. “Ek kan net nie die
spuitverf uitlos nie!
“My groot droom is nou om die hele huis buite swart te verf. Of
miskien swart en wit. Ek dink nog. Hou hierdie ruimte dop!”
Braam skud net sy kop. “Jong as jy lank genoeg stilsit sal sy
jou ook met die verfkwaste bykom!” >>

In die portaal staan ’n lessenaar uit Jana se
skooldae. Oor die afdruk van die skildery van
’n kaalbeen-kaptein Thomas Lee deur Marcus
Gheeraerts II lag Carla net: “Ek en Braam kan
vreeslik kreatief raak ná ’n paar glase wyn. Dit
was ’n impulsiewe aanlynkopie.”


Carla het self die spieël op
pad na die gastebadkamer
(ook links onder) goud
gespuitverf ’n treffende
kontras teen die muur in
Plascon Polvin Dark Onyx.

Voor die gastebadkamer se venster (links) hang ’n ouwêreldse
swart kanttafeldoek wat op sy dag wit was. “As ’n ding nie werk
nie sal ek dit máák werk deur dit te kleur of te verf” sê Carla.
Die tafeltjie was Braam se st. 6-houtwerkprojek.
Free download pdf