Tuis. 08

(Tuis.) #1

[HOOFSLAAPKAMER]


Die hoofslaapkamer met sy sleebed is luuks en het ’n romantiese gevoel danksy ’n groot muskietnet en trommel.
Die swart panele is die agterkant van die wêreldkaart in die sitgedeelte; Ferdi het dit met swartbordverf geverf en
’n gedig oor sy siening van materiële goed daarop geskryf.


  • Begin met ’n skoon doek sodat jy nie te veel op die
    struktuur fokus nie. Die maklikste manier om dit reg te kry is
    deur alles eers wit te verf.

  • Deel daarna die spasie op in denkbeeldige vertrekke en
    skort dit af met skerms ’n groot fokus-kas of ’n kunswerk.

  • Onthou deurgaans om die ruimte as ’n geheel te beplan en
    nie elke vertrek in isolasie nie.

  • Rig die ruimte gemaklik in sodat die leefvertrekke
    aaneenvloei maar ander dele soos die gastekamer meer
    privaatheid het.

  • Jy het nie ’n argitek nodig nie; belê eerder in ’n goeie
    binneversierder of interieurontwerper om jou te help met die
    ruimtelike beplanning.

    • Om die temperatuur in ’n groot oop ruimte te reguleer kan
      ’n tameletjie wees. Kies dus ’n plek wat noord en wes front
      sodat dit warm genoeg is in die winter. Klein vensters naby
      die plafon bring genoeg hitte in maar sal dit nie te warm
      maak in die somer nie. Installeer groot waaiers vir koelte in
      die somer; dit pas sommer ook by die solder-voorkoms.

    • Groot vertrekke met hoë plafonne kan maklik ’n eggo hê;
      belê in matte vir beter akoestiek.

    • ’n Solderruimte se aantrekkingskrag is sy spasie en lig.
      Maar saans is daar nie natuurlike lig nie en buisligte het
      geen atmosfeer nie daarom is vloer- en tafelligte baie
      belangrik; dit help ook om verskillende funksionele ruimtes
      te definieer.




Ferdi se raad vir pakhuis-omskakelings

36 tuis Augustus 2017

Free download pdf