Tuis. 08

(Tuis.) #1
Jy het deursettingsvermoë nodig wanneer jy ’n ou
huis koop wat van sy karakter gestroop is. Dít het die
Kaapse binneversierder Lynette van Zyl van
Ressource Décor gou-gou besef toe sy en haar man
Colin in Julie verlede jaar hul huis in Observatory
aangeskaf het.
Die opknapprojek aan hul lelike eendjie het in
September begin en is ondanks heelwat uitdagings
binne ’n maand afgehandel waarna hulle kon intrek.
“Colin werk in die versekeringsbedryf” vertel
Lynette “maar het argitektuur gestudeer en is ’n
entoesiastiese selfdoener. Sy kennis van ruimte en
houtwerk het ongelooflik baie gehelp. Nog ’n
pluspunt was dat die houtvloere in ’n perfekte
toestand was.
“Gedurende die opknap het Colin by die huis
‘uitgekamp’ terwyl ek by my ouers gebly het. My
arme man het ’n borsinfeksie gekry van al die stof.
Hy moes ook vir twee dae ’n toilet by die kitskos-
restaurant om die draai gebruik want met die uitkap
van al twee badkamers was hier geen watertoevoer
óf toilet nie!”

Die kombuis
GROOTTE105m^2
Vertoonkaste vir mooi breekware slim
ruimtebenutting en ’n gasstoof is vir Lynette
ononderhandelbaar wanneer sy ’n kombuis opknap.
Haar nuwe blyplek se kombuis was “erg vervelig en
gewoon” vertel sy. “Ek wou ’n Franse landelike styl
met ’n klassieke gevoel skep maar daar was
verskeie uitdagings.” Die grootste probleem was die
agterdeur in die middel van ’n muur wat ’n
moderne funksionele uitleg bemoeilik het. Boonop
het die melamienkaste waterskade gehad.
Ná baie ure se navorsing oor klein ruimtes op
Pinterest en ’n vakansie in Parys het Lynette die
prentjie in haar kop verfyn tot ’n donkerblou grys
swart en wit palet wat die illusie van ruimte sou
skep. “Ons het ook die agterdeur toegebou sodat
ons die ruimte beter kon benut. Só kon ons meer
kaste en dus ook werkvlakke inbou en ontwerpdetail
soos die eikehoutkas insluit sodat die vertrek nie
soos ’n skeepskombuis lyk nie.”
Sy is heel in haar noppies met die resultaat. “Dis
lekker om hier te werskaf. Ek is veral dol oor my
gasstoof en danksy die vertoonkas het ek al my
breekware byderhand. Hoewel die natuurlike lig
uitstekend is lyk die vertrek saans ook ongelooflik
mooi. Hier is goeie taakbeligting asook sagte
atmosfeerbeligting wat die ontwerpdetail
beklemtoon.
“Noudat hier meer werkvlakke is het ek neersit-
plek vir spesiale versamelgoed wat herinneringe
terugbring van ons vakansies in Frankryk en Italië.”

Voor


In die kombuis wou Lynette die atmosfeer van ’n Franse bistro skep vandaar
die swart stoof en antieke spieël wat bo die stoof as spatvlak dien. Die
kontrasterende palet van ligte en donker mure en ontwerpdetail skep die
illusie van ruimte.

52 tuis Augustus 2017


opknap

Free download pdf