Tuis. 08

(Tuis.) #1

Die badkamer


GROOTTE5m^2
Lynette wou graag die ongerieflike badkamer met sy outydse
afwerking ook ’n tikkie Franse flair gee. Dis reg langs die
kombuis soos dikwels in ou huise die geval is. “Daar was nie
eens ’n wasbakkassie nie” verduidelik sy. Die stort was boonop
versonke. “Die vloer moes beslis op een vlak wees.”
Lynette het die stuk muur afgebreek wat die stort so beknop
laat voel het die stortvloer gelig en raamlose glas laat installeer.
Pleks van teëls is houtpanele teen die muur geïnstalleer wat
die Victoriaanse argitektuur komplementeer asook ’n
wasbakkassie wat groot genoeg is om ’n mooi fokuspunt te
vorm. Donker mure skep ’n knus ontspanne atmosfeer –
presies wat Lynette voel ’n badkamer moet hê. >>


Die Van Zyls het hul rande gerek deur die oorspronklike
bad met sy krane asook die ou koperstortkop en -krane
weer te gebruik. Die spieël bo die wasbak het sy jare
gelede tweedehands gekoop en toe geverf.


Handdoek van Weylandts


Voor


Porseleinteëls
en koperdetail
skep die
gesofistikeerde
gevoel wat
Lynette in die
badkamer
wou hê.

Augustus 2017 tuis 53

Free download pdf