Tuis. 08

(Tuis.) #1

Opsie 2


Verseël dit
As jy van die kleur van sement hou kan jy
eenvoudig ’n verseëlaar van goeie gehalte oor jou
bestaande sementvloer aanwend mits die afwerking
glad genoeg is. Gina en Geoff Ross het Rust-Oleum
Zinsser Bulls Eye 1-2-3 Water-Base Primer gebruik
om die moderne afwerkings van hul Holly Wood-
kombuis te komplementeer; die produk kan binne
en buite gebruik word. Oppervlakke hoef nie vooraf
geskuur te word nie en die verseëlaar tree op as
skimmel- en mufbestande beskermlaag wat dit
perfek maak vir kombuise badkamers en ander
vertrekke wat aan vog blootgestel word.
“Dis eintlik ’n tydelike vloer!” sê Gina. “Die huis is
splinternuut en ons wou sien of daar enige krake
vorm voor ons die finale bolaag aanwend wat baie
soos dié een gaan lyk.”
Koste Vanaf R160/m^2
Droogtyd 1 uur per laag

Ons is dol oor
die potrak wat Gina
by haar oumagrootjie
geërf het. Die
koperwasbak van
Copper Bath is so
reg in die mode-kol!

58 tuis Augustus 2017

Free download pdf