Tuis. 08

(Tuis.) #1

Opsie 1


Paintsmiths Pigmented Floors
(voorheen bekend as Earthcote)
Al is dit aanvanklik vervaardig deur Earthcote is dit nie verf nie eerder
’n dekoratiewe sement-bolaag. In dié huis in Bishopscourt Kaapstad
is die Paintsmiths Pigmented Floors-afwerking in die kleur Bleached
Rope terselfdertyd weelderig én aards.
Installering ’n Onderlaag word oor die nuwe of ’n bestaande betonvloer
aangewend en 24 uur gelos om droog te word. Daarna word ’n self-
nivellerende Pigmented Floors-laag van 2–3 mm dik aangewend. Sodra
die vloer heeltemal hard en droog is (wag sewe dae voor jy die finale
verseëlaar aanwend of meubels op die vloer sit) word 2–3 lae van ’n
kleurbehoudende laag aangewend; wag agt uur tussen dié lae.
Koste Sowat R430/m^2 >>

Augustus 2017 tuis 57


Dekoratiewe sement-bolaag Die
gladde laag bo-op ’n soliede beton-
basis. Daar is ’n magdom produkte
soos Cemcrete Technical Finishes en
Stucco Italiano in ’n verskeidendheid
natuurlike kleure beskikbaar.


Vlekke (“Mottling”) Dit
beskryf die natuurlike
variasies are en kleur-
verskille in ’n sementvloer
afgevlakte vloer of
stukadoorvloer.
Free download pdf