Tuis. 08

(Tuis.) #1

Opsie 3


Technical Finishes


Smooth ’n Patch


Smooth ’n Patch is ’n dekoratiewe gepigmen-
teerde bolaag met ’n sementbasis wat voor
aanwending gemeng moet word. Dit gaan
lê vanself gelyk en kan bo-oor beton of teëls
aangewend word nes onsRegruk met Flair
2015-naaswenners Anton en Julie Oosthuizen
in hul huis op Greyton gedoen het.
InstalleringSoos met enige sementvloer moet
dit voorberei word met Smooth ’n Patch Liquid
of Seal & Strengthen. Indien jy Smooth ’n Patch
oor teëls wil gebruik moet jy die oppervlak eers
voorberei met Technical Finishes Probond sê
Chanté Mynhardt verkope-en-bemarkings-
assistent by Technical Finishes. “Smooth ’n
Patch kan oor enige teëls geïnstalleer word
solank dit nie gekraak of beskadig is nie. Dit
moet eers geskuur word om ontslae te raak van
die glasuurlaag en te verseker dat die onderlaag
goed in die teëls kan intrek.”
Ná die onderlaag word die Smooth ’n Patch-
laag 3–4 mm dik aangewend. Dit word redelik
gou droog (sowat 30–40 minute afhangend
van die oppervlak se grootte) waarna die
Smooth ’n Patch-mengsel liggies met ’n plank
gestryk moet word om ’n gladde afwerking te
verseker. Los die vloer dan oornag – dit neem
minstens 24 uur om hard te word. Hierna moet
jy die vloer verseël; kies ’n verseëlaar met ’n
hoëglans- of mat afwerking. Dis raadsaam om
2–3 lae aan te wend.
KosteTussen R300/m² en R600/m²
installering ingesluit; pryse wissel na gelang van
die dikte van die laag.
Jy kan dit self doen!’n Goedgekeurde vakman
word sterk aanbeveel maar Anton en Julie het
dit self gedoen!


[ ]


KAN OOR TEËLS OOK
KLEITEËLS AANGEWEND WORD

60 tuis Augustus 2017

Free download pdf