Tuis. 08

(Tuis.) #1

Só voorkom jy krake


“Geringe verskuiwings is normaal in ’n
groot struktuur soos ’n afgevlakte vloer”
verduidelik die bouer Herman van der Schyff
van die Van der Schyff Trust. “Jy kan keer dat
die vloer kraak deur voorsiening te maak vir
uitsitvoeë in die vloer sodat enige fyn of
groter krake in die voeg pleks van die gladde
oppervlak verskyn.” Dis presies wat Rikus en
Eunice Swanepoel by hul huis in Irene
gedoen het. Herman het ’n bindvloeistof by ’n
gewone afvlakmengsel gevoeg sodat dit beter
kan klou buigsamer en waterbestand kan
wees. Die vloer is gladgestryk en verseël met
Pavini-vloerseëlaar. >>


Wat van buite?
Daar is verskeie maniere om te keer
dat jou sementvloer te glad raak. Een
opsie is om ’n tekstuurafwerking te
kies maar as jy van ’n gladde
afwerking hou is daar talle glyvaste
verseëlaars op die mark. Indien jy
dekoratiewe sement buite wil lê moet
jy die hoeveelheid wind son en reën
waaraan die vloer blootgestel sal wees
in aanmerking neem aangesien die
elemente mettertyd die oppervlak kan
beskadig. Maak seker by jou verskaffer
voor jy ’n produk kies.

dekor


Uitsitvoeg

Free download pdf