Tuis. 08

(Tuis.) #1

Opsie 8


Stucco Italiano


Stucco Italiano Solido Floor Plaster is ’n dekoratiewe
sement-bolaag (2–3 mm dik) met ’n weelderige
natuurlike en effens gevlekte afwerking.
InstalleringEnige skade op die bestaande afvlaklaag
moet eers met ’n Stucco Italiano Floor Repair Kit
herstel word. Wag 24 uur tot droog en wend daarna
die Floor Plaster met ’n staaltroffel aan; gee 24 tot
48 uur kans om droog en hard te word afhangend van
die grootte van die oppervlak. Dan kan ’n verseëlaar
aangewend word. Laat vir 48 uur heeltemal droog word
voor dit aan voetverkeer blootgestel word.
KosteR365/m^2
Jy kan dit self doen!Stucco Italiano beveel aan dat jy
altyd ’n goedgekeurde vakman gebruik. Jy kan wel hul
Cementitious Selfleveling-selfdoenstel gebruik; dit kos
sowat R320 vir ’n 20 kg-stel. >>


Opsie 7


Tal Screedmaster
’n Gewone afgevlakte vloer is ’n aantreklike en
bekostigbare manier om ’n sementvoorkoms te kry sonder
om ’n duur bolaag aan te wend. Daar is verskeie
beskikbare opsies onder meer die Tal Screedmaster wat
gewoonlik onder matte of teëls gebruik word – hoewel
Heinz en Aletté-Johanni Winckler dit as finale afwerking
vir hul huis se vloere gekies het.
Tal Screedmaster word vinnig hard en het ingeboude
eienskappe wat krake voorkom. Die resultaat is ’n sterk
gladde vloer wat met ’n duursame krapbestande bolaag
(Tal UraSeal WDS) of ’n spesiale was-bolaag verseël moet
word. Die was moet ’n paar keer per jaar aangewend
word afhangend van hoeveel voetverkeer dit dra.
InstalleringWend twee lae onderlaag soos Tal Floor
Primer aan en laat dit 12 uur droog en hard word voor jy
die Screedmaster aanbring. Sodra die Screedmaster-
mengsel gereed is kan jy dit in die verlangde dikte op die
vloer giet (3–16 mm in ’n enkele aanwending) en dan vir
24 uur laat droog en hard word.
KosteVanaf R80/m^2 (3 mm dik)
Jy kan dit self doen!Tal het ’n nuttige installasiegids
vir selfdoeners op hul webtuiste.

[ ]


KAN OOR TEËLS
AANGEWEND WORD

[ ]


KAN OOR TEËLS
AANGEWEND WORD

66 tuis Augustus 2017

Free download pdf