Tuis. 08

(Tuis.) #1

GRANNY GOOSE PROMOSIE


Foto

Christine Meintjies

Met Granny Goose is jy


verseker van ’n knus


gemaklike winter!


D


ie winter beteken gehaltetyd in die bed met ’n goeie boek
en ’n stomende koppie warmsjokolade – die koue weer wat
die seisoen bring mag nooit ’n goeie nagrus onderbreek
nie. Hier is hoe Granny Goose jou dié winter lekker warm en
snoesig gaan hou:
KIES NATUURLIKE ISOLERING
As jy warm wil bly sonder om te oorverhit kies ’n donsduvet met
’n omhulsel van 100% katoen. Duvets met ’n natuurlike vulsel
bied beter termiese isolering as dié met ’n sintetiese vulsel en het
dus minder vulsel nodig om dieselfde hoeveelheid hitte binne te
hou. Dons en katoen haal albei goed asem wat beteken dit hou
jou warm in die winter en koel in die somer.
Wenk Gebruik beddegoed en nagklere van 100% katoen; dit werk
die beste saam met die dons.

VIR GOEIE BEDEKKING
Koop ’n duvet wat een grootte groter as jou matras is. Só sal
dit netjies langs jou bed afhang en knus rondom jou liggaam
drapeer sodat geen koue lug daaronder kan inkruip en jou slaap
versteur nie.
MAAK JOU MATRAS EKSTRAWARM
Wikkel jou lekker in tussen ’n verebed en ’n donsduvet. ’n Granny
Goose-verebed verleen snoesige winterwarmte en gemak aan
enige matras. Party matrasse laat koue lug deur na jou lyf maar
met ’n ekstra laag dons en vere soos dié op jou matras staan
koue lug nie ’n kans nie.
Wenk Sit jou elektriese kombers onder jou verebed en skakel dit
net lank genoeg aan om jou bed warm te maak; só is dit heerlik
knus en warm wanneer jy inkruip.

JOU NAGTE VAN


IS VERBY


SKAPE TEL

Free download pdf