Tuis. 08

(Tuis.) #1

Augustus 2017 tuis 73


Blad van buiteraam
1 240 x 440 mm

Kantpaneel van buite-
raam 500 x 440 mm

Bodem van buiteraam
1 240 x 440 mm Kleiner kas
400 mm breed

Groter kas
800 mm breed

PROJEKGIDS
Harde werk 5/10
Vaardigheidsvlak 6/10
Tyd nodig 1 tot 2 uur
Maak dit self vir minder as
R900: hout skroewe en
skarniere (pote en verf/vernis
uitgesluit)

doen dit self


GEREEDSKAP


  • koordlose boor en
    3 mm-boorpunt

  • potlood

  • maatband

  • winkelhaak

  • houtklampe

  • 8 mm-boorpunt

  • 24 mm-plaatboorpunt


INKOPIELYS
18 mm-laaghout in die volgende
planke gesaag:


  • vier 500 x 400 mm (kaskante)

  • twee 364 x 400 mm
    (bodem en rak kleiner kas)

  • twee 764 x 400 mm
    (bodem en rak groter kas)

  • vier 364 x 70 mm
    (stutte kleiner kas)

  • vier 764 x 70 mm
    (stutte groter kas)

  • een 500 x 1 200 mm
    (rugkant)

  • twee 500 x 440 mm
    (sykante buitenste raam)

    • twee 1 240 x 440 mm (blad en
      bodem buitenste raam)

    • drie 492 x 392 mm (deure)

    • een pakkie 6 mm x 50 mm-
      spaanderbordskroewe

    • een pakkie 8 mm x 30 mm-
      spaanderbordskroewe

    • een pakkie 6 mm x 16 mm-
      spaanderbordskroewe

    • ses kabinetskarniere

    • vier pote

    • 120-grint-skuurpapier

    • verf of vernis

    • een pakkie rakspykers




Wat jy nodig het


Projeknotas



  • Ons buffet bestaan uit twee
    dele wat aanmekaargeskroef is:
    een klein en een groter kasdeel.
    Dit word dan verstewig met ’n
    raam buite-om en afgerond met
    pote en deurtjies.

  • Laat saag al die hout pasklaar
    by jou naaste houthandelaar –
    dit sal jou taak aansienlik
    vergemaklik.

  • Laat versink ook die holtes vir
    die skarniere in die deure by jou
    houthandelaar.

  • Skuur die planke voor jy hulle
    aanmekaarsit.

  • Onthou om gidsgate te boor.

  • Kyk uit vir pote by
    tweedehandswinkels of
    vlooimarkte; of kies rolwiele vir
    ’n byderwetse kinkel.


SO MAAK JY

1


1 Maak die kleiner kas deur die 364 x 400 mm-bodem tussen
die kort sye van twee 500 x 400 mm-kaskante vas te skroef.
Skroef twee van die 364 x 70 mm-stutte tussen die ander kort
sye vas en die ander twee aan die agterkant. (Gebruik die 6 mm
x 50 mm-spaanderbordskroewe en die 3 mm-boorpunt.) Maak
die groter kas net so maar gebruik nou die 764 mm-planke
(sien skets). Skroef die twee kassies aan mekaar vas met die
8 mm x 30 mm-skroewe. >>

Wenk Gebruik die houtklampe om die kassies in
posisie te hou terwyl jy hulle vasskroef.
Free download pdf