Tuis. 08

(Tuis.) #1
Geel hout
Erica Swart van Randburg skryf Wat kan
ek doen om my vergeelde hout meubels weer
nuut te laat lyk? Ek verkies om die natuurlike
voorkoms te hou en wil nie verf nie.
Frikkie Greeff besturende direkteur
van Woodoc antwoord Die vergeling waarna
jy verwys is die gevolg van die natuurlike oksidasieproses wat
hout met veroudering ondergaan. Die enigste manier om daarvan
ontslae te raak is om die lagie hout wat vergeel het af te skuur.
Daarna word dit met ’n water basis-seëlaar verseël.
Ons beveel nie dié proses aan nie aangesien jy in werklikheid
niks wen vir al jou moeite nie – die hout sal weer mettertyd
vergeel. Al permanente oplossing is om die hout se voorkoms te
verbloem met ’n ondeursigtige oppervlaklaag m.a.w. deur dit te
verf maar dit wil jy nie graag doen nie. Ek wens ons kon vir jou ’n
kitsoplossing bied maar ongelukkig moet ’n mens maar verlief
neem met die natuurlike eienskappe van hout.
KONTAK 041 581 0109 woodoc.com >>

V: Ek wil ons huis naaswit verf
en die kleur van die huis op
bladsy 62 van die April
2017-uitgawe is nommerpas.
Watter verf is dit? – Ansie
Engelbrecht Kimberley
A: Die huiseienaar Mandy
Sayer sê dis Plascon Wallseal
wat sy met die kleur Plaster EC
61 laat tint het.

G E e n v v


jyverwysisdiegev

Ons beantwoord nog vrae op

Lego is gewilder as ooit. Maak dié
speelse bêreboksie in ’n japtrap.

ALCOLINPROMOSIE


Besoek http://www.alcolin.com vir produkinligting of skakel die Sticky Questions-hulplyn tolvry by 0800 222 400 vir raad.


Kry ons op

Naweekprojek


Wat jy nodig het



  • houtkissie
    met ’n deksel

  • ses 40 mm-
    afvoerpyp-stoppers

  • Alcolin Rapid-
    Epoxy

  • helderkleurige
    verf en ’n kwas


1 Merk waar die stoppers op die deksel
vasgesit moet word dat dit soos ’n reuse-
Lego-blokkie lyk. 2 Meng die twee dele
Alcolin Rapid-Epoxy deeglik op ’n
afvalplank.

3 Smeer die epoksi aan die onderrand van die
stoppers en plak dit vas in die gemerkte posisies.
Laat goed droog word (minstens 24 uur).
4 Verf die hele boksie – ook die stoppers – in ’n
helder tipiese Lego-kleur.

12 34

Spuit
gelyke
dele uit
Free download pdf