Tuis. 08

(Tuis.) #1

78 tuis Augustus 2017


Kortliks


V: Die teëls wat gebruik is as spatpaneel op bladsy 30 van
die Januarie 2017-uitgawe is absoluut pragtig. Waar kan
ek so iets kry? – Annie Williamson Ficksburg
A: Dis van CTM (ctm.co.za); kyk ook by Italtile
(italtile.co.za) vir teëls met soortgelyke patrone
wat jy teen jou kombuismuur kan gebruik.

V: Ek hou van die hanglampe in Belinda Soboil se
kombuis op bladsy 54 van die Januarie 2017-uitgawe. Waar
kan ek dit koop? – Susan Kleynhans Stellenbosch
A: Oorweeg K. Light se Clear Glass Cone Pendant (klight.co.za).

V: Waar kry ek die
gegalvaniseerde
besproeiingspype wat
gebruik is vir die
selfdoenprojek op
bladsy 73 van die April
2017-uitgawe?


  • Jackie Medley op
    Facebook
    A: Ons selfdoenkenner
    Deon de Goede (deon@
    diydeon.co.za) het die
    pype en passtukke
    gekry by Spilhaus
    (spilhaus.co.za) maar
    Agrico (agrico.co.za)
    hou dit ook aan.


V: Waar kry die huiseienaar die laaikas en bedtafeltjie
op bladsy 31 van die Oktober 2016-uitgawe?


  • Anneri Buitendach Bloemfontein


A: Dié meubels is van Toast Boutique
& Desray Clothing in Oos-Londen
(toastel.blogspot.co.za) maar kyk
gerus by @home (home.co.za) Biggie
Best (biggiebestwebshop.co.za) Block
& Chisel (blockandchisel.co.za) en
MRP Home (mrphome.com) vir iets
soortgelyks.
Free download pdf