Tuis. 08

(Tuis.) #1
Rond en bont
Garfield en Odie kan nie wag om weer in die
huis te kom nie. – Lee Ellis Vredenburg

Postoperatiewe sorg
Louise Mason van Johannesburg skryf
My hond moet geopereer word en sal ’n
nag by die veearts deurbring. Ek wil seker
maakdat ek hom agterna goed versorg;
enige raad?
Lorren Barham
eienaar en diere-
hidroterapeut van
Pet Wellness Worx
antwoord Die volgende
eenvoudige wenke
behoort te help met jou
roeteldier se herstel:


  • Gebruik ’n hangmat of
    veiligheidsharnas aan die gordel van jou
    agtersitplek sodat jou hond nie by die
    sitplek afval of -gly nie.

  • Groter honde het ’n skuins loopplank of
    trappies nodig om in jou kar te klim; maak
    hom voor die operasie daaraan gewoond
    om enige onnodige stres te vermy.

  • As jy teëls of ’n gelamineerde vloer by die
    huis het kan jou hond daarop gly en hom
    seermaak. Ons verkoop Sticky Paws ’n
    soort sokkie wat hom vaster op sy voete
    sal maak; jy kan dit ook oorweeg om
    rubbermatte te gooi in dele met hoë
    voetverkeer.

  • As jy trappe het maak seker dit is
    glybestand en het rubberrande of dis
    bedek met ’n mat. Indien moontlik sper
    jou trap af met ’n babahekkie om enige
    potensiële ongelukke te voorkom.

  • Maak seker jou hond het ’n ferm
    ondersteunende bed; laat hom binne
    slaap ná die operasie.

  • Laat sy kosbak op ’n plat boksie staan
    sodat hy nie so ver hoef af te buk om te eet
    of water te drink nie; jou hond sal vaster op
    sy voete voel en makliker eet.

  • Sit sy leiband aan en stap saam elke
    keer wanneer hy ’n draai gaan loop.

  • Ontkoppel jou deurklokkie omdat die
    geluid jou hond kan laat opspring en hy
    hom verder kan beseer.

  • Oorweeg dit om ’n hok te huur of ’n
    veilige sone te skep sodat jou hond in
    afsondering kan herstel. Maak hom liefs
    voor die operasie al gewoond aan so ’n hok
    sodat hy minder gespanne voel wanneer
    hy ná die operasie daarin gesit word.

  • Gee jou hond speelgoed om hom besig
    te hou en vries kos in ’n hol kouspeelding
    of maak yslollies van vrugte en groente.
    KONTAK021 558 4518
    petwellnessworx.co.za


V&A

Die eienaars van die diere wie se foto’s hier verskyn wen ’n ekstragroot
K9 Camper vir honde of ’n middelslag-Plush Cupcake Bed vir katte van
Wagworld (wagworld.co.za). Albei produkte is by voorste veearts- en troeteldierwinkels
te kry. Die K9 Camper is duursaam waterbestand en kom met ’n nie-verwyderbare
seilbedekking wat beteken dis maklik om skoon te maak. Die Plush Cupcake Bed spog
met snoesige kunspels aan die een kant en koel katoen aan die ander. Stuur jou foto’s
(minstens 2MB elk) en volledige kontakbesonderhede [email protected]– dalk
is jou dieremaat ook ’n wenner!Sien ons kompetisiereëls op bladsy 127.

e h P a e b t •

Trots Suid-Afrikaans!

Plaasjapies deur en deur


Die Reuseschnauzers – en regte stadsbrakke – Butler en Kenzie kan nie
genoeg kry van die KwaZulu-Natalse Middelland nie. – Diana Martens Pretoria


Stuur jou vrae na [email protected].

WEN!


Augustus 2017 tuis 83

Free download pdf